Kalahari se droë savanne

Die Kalahari se droë savanne is 'n WWF-ekostreek wat dele van die Noord-Kaap van Suid-Afrika, Botswana en Namibië omvat. Die gebied het 'n geharde klimaat met temperatuurskommelings tussen dag en nag van tot 45 °C. Dit reën op ongereelde tye, gewoonlik as donderstorms in die somertyd.[1]

Kalahari se droë savanne
Ekostreek
WWF-kodeAT1309
LandeSuid-Afrika, Namibië, Botswana
BioomWoestyn en droë struikveld
EkosoneAfrotropiese gebied
FlorarykPaleotropis
Oppervlakte  388 200  km²
Beskerm %
Portaal  Portaalicoon   Biologie

Dit bestaan vir 50% uit gras- of struikveld en slegs 5% is bedek met bome, soos die kameeldoring. [2]

Verwysings

  1. "WWF AT1309" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2019.
  2. "jpl NASA" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.