Kakie

Kakie is 'n bruinerige aardse kleur. Die woord kakie is afgelei van Hindoestanies (wat opsigself vanaf die Persiese woord khak afgelei is), wat "stowwerig" beteken. Die kleur word algemeen deur weermagte reg oor die wêreld gebruik vir uniforms en kamoeflering. Kakie gekleurde uniforms was byvoorbeeld deur die Britse magte tydens die Anglo-Boereoorlog gedra.

#C3B091
Polisiemanne in Indië in hulle kakiegekleurde uniforms.

Die eerste opgetekende gebruik van kakie as 'n kleurnaam in Engels was in 1848.

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word kakie as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #C3B091
RGB-kleurmodel (195, 176, 145)
HSV (37°, 26%, 76%)

Alternatiewe betekenis

Kakie kan ook na 'n Engelse soldaat verwys. In die lied, Sarie Marais, word byvoorbeeld gesing:

Ek was so bang

dat die kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur.

Sien ook


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.