Kakelaars
Kakelaars (Phoeniculidae) is 'n familie van voëls in die orde Bucerotiformes. Die familie omvat 9 spesies wat in Afrika suid van die Sahara voorkom.[1]
Phoeniculidae | |
---|---|
Phoeniculus purpureus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Phoeniculidae Bonaparte, 1831 |
Genera | |
Voëls in die familie het swart vere met 'n blou of metaalgroen glans. Hulle het afgeronde vlerke, kort bene met lang naels en 'n lang, fyn, effens geboë snawel. Hulle vreet insekte en allerlei bessies. Die nes word in 'n boomholte gebou.
Taksonomie
- Genus Phoeniculus
- Phoeniculus bollei
- Phoeniculus castaneiceps
- Phoeniculus damarensis - Perskakelaar
- Phoeniculus granti
- Phoeniculus purpureus - Rooibekkakelaar
- Phoeniculus somaliensis
- Genus Rhinopomastus
- Rhinopomastus aterrimus
- Rhinopomastus cyanomelas - Swartbekkakelaar
- Rhinopomastus minor
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Phoeniculidae. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.