Kadmiumsulfied
Kadmiumsulfied is 'n sout van kadmium en waterstofsulfied met die chemiese formule CdS.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kadmiumsulfied |
Chemiese formule | CdS |
Molêre massa | 144,5 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 215-147-8[1] |
Voorkoms | kadmiumgeel vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a = 413,8 pm; c = 671,8 pm[2] |
Ruimtegroep | P63mc[2] |
Nommer | 186 |
Strukturbericht | B4 |
Smeltpunt | 1750 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | |
Ksp | 8 10-28[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n geel vastestof wat sy naam aan die kleur kadmiumgeel gegee het. Sy kleur word bepaal deur die bandgaping van hierdie halfgeleier: 2,42 eV, wat veroorsaak dat dit sigbare en ultraviolette straling met 'n golflengte korter as 514 nm sterk absorbeer.
Hierdie optiese eienskap maak die verbinding geskik as fotokatalisator. Dit is 'n sterk fotoreduseermiddel wat egter ook vir fotokorrosie gevoelig is.[4]
Kristalstrukture
Die stabiele vorm van kadmiumsulfied onder omgewingstoestande het die heksagonale würtziet-struktuur. (B4 in die strukturbericht-klassifikasie). Dit word ook in die natuur as die mineraal greenockiet aangetref. Daar is egter 'n ander, metastabiele modifikasie wat as die mineraal hawleyiet bekend is. Dit het die kubiese sfaleriet-struktuur (B3). Onder drukke van 2,6 GPa skakel die tetraëdriese würtziet-fase om na die oktaëdriese haliet-struktuur (B1).[2]
Sonskragmateriaal
Deur sy hoë absorpsie, sy stabiliteit, sy gunstige bandgaping en die moontlikheid dunne lae te vervaardig is kadmiumsulfied 'n interessante materiaal vir gebruik in sonselle. Lae van 120 nm dikte het 'n doeltreffendheid van 21% bereik. Dit word ook aangewend in kombinasie met kadmiumtelluried wat 'n kleiner bandgaping het (1,42 eV).[5]
Verwysings
- "sds" (PDF). Roth.
- Bo Li, Jingui Xu, Wei Chen, Dawei Fan, Yunqian Kuang, Zhilin Ye, Wenge Zhou, Hongsen Xie (2018). "Phase transition and thermoelastic behavior of cadmium sulfide at high pressure and high temperature". Journal of Alloys and Compounds. 743: 419–427. doi:10.1016/j.jallcom.2018.02.021.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - "Solubility Product Constants near 25 °C". U. Rhode Island.
- Mahmood Hassan Dalhat, Abrar Ahmad (2022). Chapter 19 - Removal of pesticides from water and wastewater by solar-driven photocatalysis. In: Development in Wastewater Treatment Research and Processes. Elsevier. pp. 435–458. doi:10.1016/B978-0-323-85583-9.00012-0. ISBN 9780323855839.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - R. S. Kapadnis, S. B. Bansode, A. T. Supekar, P. K. Bhujbal, S. S. Kale, S. R. Jadkar, H. M. Pathan (2020). "Cadmium Telluride/Cadmium Sulfide Thin Films Solar Cells: A Review". ES Energy & Environment. 10: 3–12.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)