Kabinette van Louis Botha
Suid-Afrika is tydens die periode 31 Mei 1910 tot 3 September 1919 deur twee opeenvolgende kabinette van Louis Botha regeer.
Oud-generaal Louis Botha (1862-1919) en premier van die kolonie Transvaal is in Mei 1910 deur die Britse kroon benoem as die eerste premier van die Unie van Suid-Afrika. Botha was gewild onder Afrikaners sowel as Engelssprekende blankes en word deur die Britte as 'n bindende faktor beskou. Op 15 September 1910 word die eerste parlementsverkiesing vir die Unie gehou. Dié verkiesings geword gemaklik gewen deur Botha se party "Het Volk", gesteun deur kleiner Afrikanerpartye en verloor deur die Engelsgedomineerde Unionisteparty van Leander Starr Jameson. Kort na die verkiesing smelt "Het Volk" en ander Afrikanerpartye saam om die Suid-Afrikaanse Party te vorm, waarby ook vele Engelssprekendes aansluit.
In 1915 word die parlementsverkiesing weer deur Botha se party gewen, maar daar ontstaan nou 'n kragtiger opposisie van Afrikanernasionaliste (Nasionale Party). Hulle kritiseer veral Botha se pro-Britse beleid omdat die Unie van Suid-Afrika in 1914 tydens die Eerste Wêreldoorlog die Verenigde Koninkryk se kant gekies het in die stryd teen die Duitsers.
Genl. Botha se kabinette I en II (1910-1919)
Minister | Naam | Foto | Party | Tydperk |
---|---|---|---|---|
Eerste Minister | Genl. Louis Botha | SAP | 1910 - 1919 | |
Minister van Binnelandse Sake | Genl. Jan Smuts Abraham Fischer Genl. Jan Smuts Hendrik Schalk Theron Thomas Watt | SAP | 1910 - 1912 1912 - 1913 1913 - 1915 1915 1916 - 1919 | |
Minister van Finansies | Henry Charles Hull Genl. Jan Smuts David Pieter de Villiers Graaff Henry Burton Thomas Orr | SAP | 1910 - 1912 1912 - 1915 1915 - 1916 1916 - 1917 1917 - 1919 | |
Minister van Handel en Nywerheid | Frederick Robert Moore George Leuchars | SAP | 1910 - 1911 1911 - 1912 | |
Minister van Justisie | Genl. J.B.M. Hertzog Jacobus Wilhelmus Sauer Nicolaas Jacobus de Wet | SAP | 1910 - 1912 1913 1913 - 1919 | |
Minister van Lande | Abraham Fischer H.S. Theron Kol. Hendrik Mentz | SAP | 1910 - 1913 1913 - 1916 1916 - 1919 | |
Minister van Landbou | Generaal Louis Botha Jacobus Wilhelmus Sauer Genl. Louis Botha Hercules Christiaan van Heerden | SAP | 1910 - 1912 1912 1912 - 1913 1913 - 1919 | |
Minister van Mynbou | Generaal Jan Smuts François Stephanus Malan | SAP | 1910 - 1912 1912 | |
Minister van Naturellesake | Henry Burton Genl. J.B.M. Hertzog Jacobus Wilhelmus Sauer Genl. Louis Botha | SAP | 1910 - 1912 1912 1912 - 1913 1913 - 1919 | |
Minister van Onderwys | François Stephanus Malan Patrick Duncan | SAP | 1910 - 1919 | |
Minister van Openbare Werke | David Pieter de Villiers Graaff Thomas Watt | SAP | 1910 - 1912 1912 - 1919 | |
Minister sonder Portefeulje | Charles O'Grady Gubbins David Pieter de Villiers Graaff Jacobus Arnoldus Graaff | SAP | 1910 - 1911 1912 1913 - 1919 | |
Minister van Poswese | David Pieter de Villiers Graaff George Leuchars Thomas Watt J.H.M. Beck | SAP | 1910 - 1912 1912 1912 - 1915 1916 - 1919 | |
Minister van Spoorweë en Hawens | Jacobus Wilhelmus Sauer Henry Burton | SAP | 1910 - 1912 1912 - 1919 | |
Minister van Verdediging | Genl. Jan Smuts | SAP | 1910 - 1919 | |