Kabilies
Kabilies (Taqbaylit, [ˈθɐqβæjlɪθ] , Tamaziɣt Taqbaylit of Tazwawt) is 'n Berbertaal wat gepraat word in Kabilië (Algerië), asook in Frankryk en ander lande van Europa. Dit het moontlik meer as vyf miljoen sprekers net in Kabilië[2] en meer as sewe miljoen sprekers in die wêreld.
Kabilies Taqbaylit | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Algerië Frankryk België Kanada | |
Gebied: | Kabilië | |
Totale sprekers: | 5,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Berber Noord-Berber Kabilies | |
Skrifstelsel: | Tifinagh, Arabiese alfabet, Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | kab | |
ISO 639-3: | kap | |
In Algerië is dit die grootste Berbertaal, gevolg deur Chaoui, wat nouverwant is aan Kabilies. Dis die tweede grootste Berbertaal, naas Chleuh, wat in die suide van Marokko gepraat word.
Op 10 April 2002 het 'n wysiging van die Algeriese grondwet (deur die toevoeging van artikel 3b) die "tamazight" (wat die algemene naam van die Berbertale is) erken as nasionale taal van dié land.[3]
Oorsprong
Kabilies is 'n vorm van "tamazight". Dit maak deel uit van die Berberse tak van die Afro-Asiatiese tale. Dit word aangeneem dat dit van die proto-Afro-Asiatiese taal, wat 10 000 tot 17 000 jaar gelede in die ooste van Afrika gepraat is, afstam.[4]
Fonologie
Klinkers
Kabilies het, net soos Berbertale in die algemeen, slegs drie klinkers:
- a tussen « a » en « e »: [æ]
- i tussen « i » [i] en « e » [e]
- u soos « oe » [u]
Kabilies het ook 'n schwa [ə] wat "ilem" genoem word, maar nie as 'n regtige klinker beskou word nie. Dit het ontstaan uit die verswakking van die ander klinkers, en die uitspraak hang af van die konsonante.
Konsonante
Bilabiaal | Labiodentaal | Interdentaal | Dentale | Alveolêr | Postalveolêr | Palataal | Velêr | Uvulêr | Faringaal | Glottaal | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Normaal | Lab. | Normaal | Emf. | Normaal | Emf. | Normaal | Emf. | Normaal | Emf. | Normaal | Lab. | Normaal | Lab. | Normaal | Lab. | |||||
Eksplosiewe | Stemloos | t [t̪] | ṭ [t̴] | k [k] | k [kʷ] | q [q] | q [qʷ] | |||||||||||||
Stemhebbend | b [b] | b [bʷ] | d [d̪] | g [g] | g [gʷ] | |||||||||||||||
Affrikate | Stemloos | tt [ts] | č [tʃ] | |||||||||||||||||
Stemhebbend | zz [dz] | ǧ [dʒ] | ||||||||||||||||||
Frikatiewe | Stemloos | b [β] | f [f] | t [θ] | s [s̺] | ṣ [s̴] | c [ʃ] | c [ʃˁ] | k [ç] | k [çʷ] | x [χ] | x [χʷ] | ḥ [ħ] | h [h] | ||||||
Stemhebbend | d [ð] | ḍ [ðˁ] | z [s̟] | ẓ [z̴] | j [ʒ] | j [ʒˁ] | g [ʝ] | g [ʝʷ] | ɣ [ʁ] | ɣ [ʁʷ] | ɛ [ʕ] | |||||||||
Nasale | m [m] | n [n] | ||||||||||||||||||
Laterale | l [l] | l [l̴] | ||||||||||||||||||
Trillers | r [ɾ̪] | r [r̴] | ||||||||||||||||||
Approksimante | w [w] | y [j] |
Skrif
Tamazight het sy eie skrif (tifinagh), maar Kabilies word meesal met 'n van die Latynse alfabet afgeleide skrif geskryf:
A | Ɛ | B | C | Č | D | Ḍ | E | F | G | Ǧ | H | Ḥ |
I | J | K | L | M | N | O | P | Q | Ɣ | R | S | Ṣ |
T | Ṭ | U | V | W | X | Y | Z | Ẓ |
a | ɛ | b | c | č | d | ḍ | e | f | g | ǧ | h | ḥ |
i | j | k | l | m | n | o | p | q | ɣ | r | s | ṣ |
t | ṭ | u | v | w | x | y | z | ẓ |
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kabyle". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 30 Augustus 2020.
- (fr) - « Langue et littérature berbères » Geargiveer 27 Julie 2018 op Wayback Machine, artikel van Salem Chaker, professor Berbertalen aan die Inalco, en direkteur van die "Centre de Recherche Berbère".
- Wet van die 27 Moharram 1423 (10 April 2002)
- Hassan Remaoun, « Le Maghreb, le Sahara,l’Afrique et la langue berbère »
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kabilies.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Kabilies.