Kaart-blaasop

Die kaart-blaasop (Arothron mappa) is 'n vis wat wydverspreid in die Indiese Oseaan en Stille Oseaan voorkom. Dit kom ook aan die ooskus van Afrika voor en verskyn soms tot by die suide van KwaZulu-Natal. Hierdie spesie is seldsaam en word in Engels die Map puffer genoem.

Kaart-blaasop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Arothron
Spesie:
A. mappa
Binomiale naam
Arothron mappa
(Lesson, 1831)

Identifikasie

Die vis word tot 60 cm lank. Sy lyf is swaarder as die normale blaasop lyf met die pens wat uithang en rond is. Die lyf is grys met onreĆ«lmatige vlekke en kolle wat op die lyf voorkom. Die onderkant van die vis is witterig tot geel. Daar is lyne wat vanaf die oog uitstraal.

Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 5 tot 30 m diep is. Hulle is alleenlopers, skaam en word gevind naby grotte en rotsoorhange. Hulle vreet alge, sponse en bodemongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • Dennis King & Valda Fraser. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.