Kaapspoor

Spoorweë met 'n spoorwydte van 1067 mm (3 voet 6 duim) is die eerste keer gebou vir waens wat deur perde getrek is. Vanaf die middel-negentiende eeu word veel meer 3 vt 6 dm netwerke gebou in die Britse kolonies (ook die Kaapkolonie) en Japan. Teen die begin van die twintigste eeu het talle 3 voet 6 duim tramnetwerke die lig gesien.

Kaapspoor in Kosti, Soedan.

Daar is ongeveer 112 000 kilometer (70 000 myl) van 3 vt 6 dm se spore oor die wêreld gelê.

Die hele nasionale spooruitleg in Suider-Afrika bestaan uit Kaapspoorwydte, met die uitsondering van 3 trajekte:

Dr. Berks T. Hutchinson, 'n tandarts van Kaapstad, het by die regering van die Kaapkolonie aanbeveel om van die Europese spoorwydte van 4 vt 8½ dm afstand te doen en om die wydte van 3 vt 6 dm te gebruik.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.