Kaapsehoopbroodboom
Die Kaapsehoopbroodboom (Encephalartos laevifolius) is 'n spesie van die genus Encephalartos wat hoofsaaklik in twee gebiede voorkom: die Kaapsehoopberge naby Nelspruit asook die Piggs Peak-gebied in Eswatini. Die subbevolking wat eens teen die rotsagtige hange van Mariepskop voorgekom het, is nou feitlik uitgestorwe weens menslike faktore en die Fusarium-swam wat hulle keƫls aanval.[1]
![](../I/Encephalartos_laevifolius%252C_habitus%252C_Pretoria_NBT%252C_a.jpg.webp)
Kaapsehoopbroodboom | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. laevifolius |
Binomiale naam | |
Encephalartos laevifolius Stapf & Burtt Davy, (1926) | |
Die boom groei regop en word 3 tot 4 m hoog. Dit groei goed in vol son en in enige tipe grond. Soos die meeste broodbome groei dit stadig en oorleef ryp goed; dit moet matig van water voorsien word. Die blare word tot 1,5 m lank. Bestuiwing vind plaas deur middel van insekte.
Die boom se FSA-nommer is 6.[2] In Engels staan die boom as die Kaapsehoop cycad bekend.
Verwysings
- Donaldson, J. S. (2009). "Kaapsehoop Cycad". redlist.sanbi.org. Red List of South African Plants, weergawe 2017.1. Besoek op 22 Augustus 2017.
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/