Kaapsehoop

Kaapsehoop is 'n klein dorpie in Mpumalanga, in die ooste van Suid-Afrika, 25 km van Nelspruit. Die dorp word ook Kaapsche Hoop genoem, die ou naam en Nederlandse naam van die dorp.

Kaapsehoop

Kaapsche Hoop
Kaapsehoop straatjie
Kaapsehoop straatjie
Kaapsehoop is in Mpumalanga
Kaapsehoop
Kaapsehoop
 Kaapsehoop se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°35′S 30°46′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitMbombela
Oppervlak
  Totaal0,35 km2 (0,14 vk. myl)
Hoogte
1 486 m (4 875 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal182
  Digtheid520/km2 (1 300/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense75.3%
  Swart mense24.7%
Taal (2011)
  Afrikaans 51.1%
  Engels 25.0%
  Swazi 20.0%
  Ndebele 1.1%
  Ander 2.8%
Poskode (strate)
1203
Poskode (posbusse)
1203
Skakelkode013

Geskiedenis

Kaapsehoop het oorspronklik bekendheid verwerf as 'n goudmyndorp, eens bekend as die Duiwelskantoor, toe spoelgoud in 1882 ontdek is in 'n klein spruitjie wat deur die dorp vloei. Dit het gelei dat 'n gedeelte van die oorspronklike dorpuitleg herroep is en toe geopen is vir gouddelwery. Maar die beter-lonende ontdekking van goud vroeër in Pelgrimsrus in 1873 en Barberton in 1881, gevolg deur die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886, tesame met karige opbrengste verkry by Kaapsche Hoop het gelei tot die dorp se agteruitgang.

Vandag

Die dorpie is die afgelope tyd "herontdek" en is nou 'n gewilde naweektoevlugsoord met sy interessante outydse boustyl, insluitende vele akkommodasie-ondernemings. Nuwe behuising (ongelukkig nie in dieselfde outydse boustyl nie) is ook opgerig op sommige van die oorblywende oop erwe.

Sien ook

Verwysings

  1. Subplek Kaapschehoop tydens die 2011-sensus
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.