Kaapse spierinkie

Die Kaapse spierinkie (Atherina breviceps) is 'n vis wat endemies is aan Suider-Afrika en vanaf Walvisbaai tot by die grens van Mosambiek voorkom. In Engels staan die vis as die Cape silverside bekend.

Kaapse spierinkie
'n Kaapse spierinkie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. breviceps
Binomiale naam
Atherina breviceps
(Valenciennes, 1835)
Sinonieme
  • Atherina parvipinnis Valenciennes, 1835
  • Hepsetia breviceps (Valenciennes, 1835)

Voorkoms

Die vis se lyf is deurskynend met 'n helder geel streep op die sye. Swart kolletjies bedek die bokant van die rug. Die vis word tot 11 cm lank.

Habitat

Die vis leef in riviermondings en vlak, sanderige water naby die kus in skole. Hulle vreet planktondiertjies.

Sien ook

Bronne

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.