Kaapse slopeend
Die Kaapse slopeend (Anas smithii) kom net in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en dele van Mosambiek en Angola voor.
Kaapse slopeend | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. smithii |
Binomiale naam | |
Anas smithii (Hartert, 1891) | |
Identifikasie
Die eend het 'n breë, graafvormige snawel. Die wyfie en die mannetjie verskil van kleur.
Habitat en dieet
Die Kaapse slopeend hou van vlak water wat ryk is aan insekte- en plantelewe. Die breë, plat bek word as 'n graaf en sif gebruik wanneer die voël in die modder vroetel op soek na kos.
Broeigewoontes
Die nes is altyd naby die water en op die grond. Dit is uitgevoer met die dons van die wyfie, wat die 6-11 eiers bedek wanneer sy die nes verlaat.
Ander name
- Engelse naam: Cape Shoveler
- Wetenskaplike naam: Anas smithii
Galery
- Wyfie - sien die donker oog
- Mannetjie - sien geel oog, dowwe kop en blou aan die vlerke.
- Anas smithii geskets in 1838
Sien ook
Bronnelys
- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3
Verwysings
- IUCN (2009)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.