Kaapse grensoorloë
Die Kaapse grensoorloë verwys na die nege oorloë wat vanaf 1779 tot 1879 tussen die Kaapkolonie en die Xhosastamme gevoer is. Dit staan ook as Afrika se Honderdjarige Oorlog bekend, waarvan die onderskeie oorloë as opvlammings van die grootste oorlog in die geskiedenis van kolonialisme in Afrika beskou word.[1][2]
Kaapse grensoorloë | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Wedloop om Afrika | |||||||||
'n Skildery van 'n Grensoorlog. | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Nederlandse Kaapkolonie (1ste en 2de) Britse Kaapkolonie (3de tot 9de) |
Xhosas |
Tydens die oorloë het die Xhosastamme vir die eerste keer vuurwapens gebruik. Nietemin het die Xhosas die meeste van hulle grondgebied aan die Britse Ryk verloor. Die oorloë word soms as vyandighede tussen Europeërs en Xhosas beskou, maar was in werklikheid meer ingewikkeld met verskuiwende alliansies. Aan die Europese kant was daar byvoorbeeld spanning tussen die Britse Ryk en die Kaapkolonie se plaaslike regering, en die verhouding het by geleentheid verbrokkel. Aan die Xhosa-kant het sommige groepe, soos die Mfengu-nasie (die Fingo's), aan die kant van die Kaapkolonie geveg.
Lys van grensoorloë
- Eerste Grensoorlog (1779 tot 1781)
- Tweede Grensoorlog (1793)
- Derde Grensoorlog (1799 tot 1803)
- Vierde Grensoorlog (1811 tot 1812)
- Vyfde Grensoorlog (1818–1819) (Oorlog van Nxele)
- Sesde Grensoorlog (1834–1836) (Oorlog van Hintsa)
- Oorlog van die Byl (1846–1847) (Amatola-oorlog, Sewende Grensoorlog)
- Agtste Grensoorlog (1850–1853) (Oorlog van Mlanjeni, Bonte Oorlog)
- Negende Grensoorlog (1877–1879) (Oorlog van Ncayecibi, Oorlog van Mfengu-Galeka, Oorlog van Tamboekie)
- Rebellie van Mpondomise (1880)
- Thembu-rebellie (1880-1881)
Sien ook
- Suid-Afrikaanse Grensoorlog, die Angola-Bosoorlog wat tussen 1966 en 1989 in Suidwes-Afrika en Angola geveg is.
- Lys van forte in die Oos-Kaap
Verwysings
- "I am indebted to Dr C. C. Saunders for this term" (Peires 1979, p. 51).
- Peires 1976, p. 1.