Kaap Recife

Kaap Recife (Engels: Cape Recife; Portugees: Cabo de Recife) is die geografiese suidoostelike punt van Afrika. Dit is geleë sowat 15 km suid van die Suid-Afrikaanse hawestad Port Elizabeth en vorm die suidelike punt van die Algoabaai.[1]

'n Lugbeeld van Kaap Recife-vuurtoring met Port Elizabeth op die agtergrond

Die naam, Portugees vir "rif", verwys na die riwwe wat baie skepe gestrand het, waaronder Kapodistrias en Pati. Die Kaap Recife-vuurtoring is in 1849 hier gebou en lê in die Kaap Recife-natuurreservaat. Net noord van Kaap Recife is die Nelson Mandela-universiteit en die Port Elizabeth-lughawe geleë.

Kaap Recife is 'n gewilde plek vir branderplankry en snorkel. Verby die Kaap vloei die warm Agulhasstroom.

In 1973 is die 366 ha Kaap Recife-natuurreservaat gestig.[2]

Fotogalery

Verwysings

  1. (en) "Cape Recife Nature Reserve". SA-venues.com. Besoek op 18 Desember 2020.
  2. (en) "Cape Recife Nature Reserve". Nelson Mandela Bay Tourism. 2020. Besoek op 18 Desember 2020.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.