Kaap Negro
Kaap Negro (Portugees: Cabo Negro) in Angola lê suid van Moçâmedes, net noord van Tômbwa (Tombua, voorheen Porto Alexandre), wes van die Parque Nacional do Iona. Dit is by die koördinate 15° 41′ suid en 11° 56′ oos. Die hoogste punt van die kaap is slegs 'n meter bo die vlak van die Atlantiese Oseaan.
Kaap Negro
Diogo Cão het in Januarie 1486 sy tweede padrão hier opgerig. 'n Kapel met die naam Da Senhora Dos Navegantes herdenk die historiese gebeurtenis op die plek.
Friedrich Martin Josef Welwitsch het die beroemde plant (Welwitschia bainesii) in hierdie gebied ontdek.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.