KaXu Solar One
KaXu Solar One is 'n sonkragsentrale naby Pofadder, Noord-Kaap. Dit is gebou deur die Spaanse maatskappy Abengoa Solar en in 2015 in bedryf gestel.
![KaXu Solar One is in Suid-Afrika](../I/South_Africa_relief_location_map.svg.png.webp)
![KaXu Solar One](../I/Blue_pog.svg.png.webp)
KaXu Solar One
Ligging van KaXu Solar One
Die sentrale beslaan 'n oppervlak van 313 ha, kan 100 MW produseer en voorsien 80 000 gesinne van hernubare energie. Dit voorkom die atmosferiese vrystelling van 300 000 ton koolstofdioksied per jaar. Die sentrale gebruik paraboliese trĂ´e om die sonkrag in hitte om te sit en op te slaan in gesmelte sout.
Tydens die bou daarvan het dit aan tot 1 000 mense werk gebied, maar tans bied dit aan 80 mense 'n permanente goeie besoldiging.[1]
Verwysings
- "Webwerf Abengoa solar" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.