KaNgwane

KaNgwane was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die ooste van Suid-Afrika. Die hoofstad in 1981 was KaNyamasane. Die tuisland was geskep om Swazisprekende mense te huisves. Met net 597 783 inwoners, was dit die mins bevolkte Bantoestan in Suid-Afrika.

KaNgwane

1981  1994
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of KaNgwane
Ligging of KaNgwane
Ligging van KaNgwane in Suid-Afrika
Hoofstad KaNyamasane
Taal/Tale Siswati
Regering Republiek
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Apartheid
 - Stigting1981
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika27 April 1994
Oppervlakte
 - 19943 917 km2
1 512 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting597 783 
     Digtheid152,6 /km² 
395,3 /sq mi
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Rand

Na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994, is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika, en wel onder die Mpumalanga-provinsie.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie KaNgwane.
  • (en) "KaNgwane". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Junie 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.