Kaïro Internasionale Lughawe
Die Kaïro Internasionale Lughawe (IATA: CAI, ICAO: HECA) bedien Kaïro in Egipte en is die tweede grootste lughawe in Afrika na Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Dit lê sowat 15 kilometer noordoos van die middestad. In 2010 het daar sowat 16.15 miljoen passasiers aangekom of vertrek.
Kaïro Internasionale Lughawe مطار القاهرة الدولي | |||
---|---|---|---|
IATA: CAI – ICAO: HECA
CAI | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Cairo Airport Company | ||
Bedien | Kaïro, Egipte | ||
Spil vir | EgyptAir en vele ander | ||
Hoogte bo seevlak | 382 vt / 116 m | ||
Koördinate | 30°07′19″N 31°24′20″O | ||
Webtuiste | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
05L/23R | 3,301 | 10,830 | Teer |
05R/23L | 3,999 | 13,120 | Teer |
16/34 | 3,178 | 10,427 | Teer |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 20 009 336 | ||
Ekonomiese impak | $2.0 miljard[1] | ||
Sosiale impak | 211 500[1] | ||
Bronne: [2]DAFIF[3] Passasierstatistiek [1] |
Geskiedenis
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Amerikaanse Lugmag van die Verenigde State Payne Airfield gebou om die Geallieerde Magte te bedien, eerder as om die bestaande Almaza Lughawe (5 km hiervan geleë) oor te neem. Payne Airfield was 'n groot lugvrag- en passasierspil van die Amerikaanse lugvervoerkommandement, wat weswaarts verbind was met Benghazi-lughawe en Algierslughawe op die Noord-Afrikaanse roete en Dakarlughawe in Frans-Wes-Afrika (tans Senegal).
Ander bestemmings waarna daar op die vervoerroetes gevlieg was, is RAF Habbaniya, Irak op die Kaïro-Karatsjiroete; Lidda-lughawe, Britse Palestina; Djedda, Arabië, op die Sentraal-Afrikaanse roete na Roberts Field, Liberië (1941–1943), en later na die oorlog beëindig is, Athene, Griekeland en na bestemmings in Europa.[4]
Toe die Amerikaanse magte die basis aan die einde van die oorlog ontruim het, het die Egiptiese Burgerlike Lugvaartowerheid die fasiliteit begin gebruik vir internasionale burgerlike lugvaart. In 1963 het Kaïro Internasionale Lughawe die ou Heliopolislughawe vervang, wat geleë was in die Hike-Step-gebied in die ooste van Kaïro.[5]
Terminale
Die lughawe het vier terminale, die derde (en grootste) is op 27 April 2009 geopen en die seisoenale vlugterminaal (vir Jedda-pelgrims) het op 20 September 2011 geopen. Terminaal 2 is in April 2010 gesluit vir groot opknappingswerk aan die struktuur en fasiliteite van die gebou.
Verwysings
- "Kaïro Internasionale Lughawe – Ekonomiese en sosiale impak" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 September 2013.
- Kaïro Internasionale Lughawe Geargiveer 26 Desember 2018 op Wayback Machine amptelike webwerf
- Worldaerodata.com Geargiveer 23 September 2013 op Wayback Machine Lughawe-inligting vir HECA
- "Map of worldwide routes of Air Transport Command, September 1945". Wikimedia Commons. 1945. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2016. Besoek op 7 Februarie 2016.
- "Airport History". Cairo International Airport. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2016. Besoek op 7 Februarie 2016.