Kaïro–Dakar-Grootpad
Die Kaïro-Dakar-Grootpad is die Trans-Afrika hoofweg 1 in die transkontinentale padnetwerk wat ontwikkel is deur die Ekonomiese Kommissie van die Verenigde Nasies vir Afrika (UNECA), die Ontwikkelingsbank van Afrika, en die Afrika-unie. Die grootste gedeelte van die hoofweg tussen Tripoli en Nouakchott is gebou onder 'n projek van die Arabiese Magreb-Unie. Die Kaïro-Dakar-hoofweg het 'n lengte van 8 636 kilometer (5 366 myl) en loop langs die kus van Noord-Afrika, die voortsetting van die Atlantiese kus vanaf Noord-Wes-Afrika. Dit is redelik volledig behalwe vir 'n paar kilometer op die Marokko-Mauritanië-grens waar daar tans slegs 'n woestynpad is. Die Noudhibou-Nouakchott-gedeelte is in 2005 geplavei. Dit sluit aan by die Dakar-Lagos-Grootpad om 'n noord-suid roete tussen Rabat en Monrovia oor die Sahara in die weste van die vasteland te vorm.
![](../I/Cairo-Dakar_Highway_map.PNG.webp)
Let daarop dat die landsgrens tussen Marokko en Algerië sedert 1994 heeltemal gesluit is, dus kan die Kaïro-Dakar-Grootpad nie in sy geheel gebruik word nie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |