KV34

KV34 (Arabies: مقبرة تحتمس الثالث, Maqbarat Tahtamis al-Thaalithi) in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van farao Toetmoses III van die 18de Dinastie.

KV34
Die grafkelder van Toetmoses III
Die ingang na KV34.
Die ingang na KV34.
LiggingVallei van die Konings
LandVlag van Egipte Egipte
Ontdek1898
Uitgrawings deurVictor Loret
VersieringKlaaglied van Re, Amdoeat
 Vorige
KV33
Volgende 
KV35

Die grafkelder is in antieke tye beroof en sy ligging het verlore geraak. Dit is in 1898 deur Victor Loret herontdek en hy het die eerste uitgrawings gedoen.

Dit was een van die eerste grafkelders in die vallei en is geleë op 'n rotshang van die heuwels. Op pad na die trap na die grafkelder is graffiti wat aangebring is deur mense wat die graf gebou het. 'n Steil gang lei na die onderkant, van die ingang verby 'n diep put na 'n sykamer. Anderkant die sykamer is die cartouche-vormige grafkamer, met vier kleiner sykamers. Toetmoses se steensarkofaag staan steeds in die grafkamer, maar is deur grafrowers beskadig.

Baie van die muurversierings is in 'n ongewone styl wat nie elders in die vallei aangetref word nie. Die oudste vorm van die Amdoeat op die mure beeld die antieke Egiptiese gode uit as eenvoudige stokfigure. Die Klaaglied van Re verskyn ook teen die mure.

Galery

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.