KV32
KV32 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van Tiaa, die vrou van Amenhotep II en die moeder van Toetmoses IV.
KV32 | ||
Die grafkelder van Tiaa | ||
![]() | ||
Die plan van KV32. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 1898 | |
Uitgrawings deur | Victor Loret | |
Victor Loret het die graf in 1898 ontdek. Dit is onversier en loop tot sowat 40 m in die heuwels in, met 'n grafkamer van 6,24 x 8,56 x 4,01 m aan die einde.[1] 'n Deel daarvan is binnegedring deur werkers wat die grafkelder van Siptah (KV47) uitgegrawe het.
In die grafkelder is honderde stukke van begrafnisflesse en hulle deksels ontdek. Ander ontdekkings sluit in begranisbeeldjies en miniatuurkissies met die naam van die koningin.[2] Vase met die naam van die burgemeester van Thebe, Sennefer, en sy vrou is ook gevind.[3]
Verwysings
- Jenni, Dorn, Paulin-Grothe, Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32), p. 16.
- Jenni, Dorn, Paulin-Grothe, Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32), pp. 33–43
- Jenni, Dorn, Paulin-Grothe, Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32), pp. 67–68
Bibliografie
- Hanna Jenni, Andreas Dorn, Elina Paulin-Grothe en David Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32). Swiss Egyptological Studies, SES, 1. Basel 2021. (aanlyn: https://edoc.unibas.ch/81215/)
Skakels
- Theban Mapping Project: KV34 sluit in gedetailleerde planne van die grakelder.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.