KV28

KV28 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit bestaan uit 'n kort skag en 'n enkele reghoekige kamer. Dit is sedert die 1830's bekend, want dit is deur John Gardiner Wilkinson genoem. In 1889 het Eugène Lefébure gesê dit bevat dele van mummies en hulle lappe.

KV28
Grafkelder van onbekendes
Die uitleg van KV29.
Die uitleg van KV29.
LiggingVallei van die Konings
LandVlag van Egipte Egipte
OntdekVoor 1832
Uitgrawings deurDonald P. Ryan (1990's)
 Vorige
KV27
Volgende 
KV29

Dit is in die 1990's deur Donald P. Ryan verken en hy het die bene van drie individue ontdek, asook fragmente van 'n fles, verskeie stukke hout en erdewerk uit die middel- en vroeë 18de Dinastie.[1] Die eienaars was waarskynlik adellikes omdat hulle so naby Toetmoses IV se grafkelder begrawe is.[2]

Verwysings

Bronne

  • Reeves, Nicholas; Wilkinson, Richard H. (1996). The Complete Valley of the Kings: Tombs and Treasures of Egypt's Greatest Pharaohs (2010-sagteband uitg.). London: Thames and Hudson. ISBN 978-0-500-28403-2. Besoek op 22 April 2023.
  • Ryan, Donald P. (1994). "Exploring the Valley of the Kings". Archaeology. 47 (1): 52–59. ISSN 0003-8113. JSTOR 41770637. Besoek op 24 Julie 2021.

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.