KV2

KV2 is die grafkelder van farao Ramses IV in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is laag in die hoofvallei geleë, tussen KV7 en KV1. Dit is sedert antieke tye oop en bevat baie graffiti.

KV2
Grafkelder van Ramses IV
LiggingVallei van die Konings
LandVlag van Egipte Egipte
OntdekOop in antieke tye
Uitgrawings deurEdward R. Ayrton
(1905-'06)
Howard Carter (1920)
VersieringKlaaglied van Re, Boek van Grotte, Dodeboek, Amdoeat, Boek van die Hemele
UitlegReguit as
 Vorige
KV1
Volgende 
KV3

Uitleg

'n Plan van KV2.

'n Skerf met inskripsies op beskryf die beplanning van die grafkelder. Die ligging is in die tweede jaar van Ramses IV se bewind gekies deur die plaaslike goewerneur en twee van die farao se raadgewers.[1] Ramses het die troon laat in sy lewe bestyg, en om seker te maak hy het 'n redelik groot grafkelder (ná 'n taamlik kort bewind van ses jaar), het hy die werkspan tot 120 mans vergroot.[2] Hoewel dit redelik groot is, is KV2 al beskryf as "eenvoudig in sy ontwerp en versiering".[3]

Nes ander grafkelders van die 20ste Dinastie, het KV2 'n reguit as. Dit is hoogstens 88,66 meter lank[4] en bestaan uit drie stadigaan dalende gange (B, C en D). Dit word gevolg deur 'n groot kamer (E) en dan die grafkamer (J). Daarna volg 'n nou gang (K) en drie sykamers [Ka, Kb en Kc].[4]

Die grafkleder is grootliks ongeskonde en is versier met tonele van die Klaaglied van Re, Boek van Grotte, Dodeboek, Amdoeat en Boek van die Hemele.

Die sarkofaag is stukkend en die mummie is gesluif na die mummieopgaarplek in KV35.[5]

Verwysings

  1. Reeves & Wilkinson 1996, p. 162.
  2. Dodson & Ikram 2008, p. 32.
  3. The Tomb of Ramesses IV, Valley of the Kings, Egypt, accessed July 15, 2009
  4. "KV 2 (Rameses IV)". www.thebanmappingproject.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2009. Besoek op 26 Februarie 2018.
  5. Reeves & Wilkinson 1996, p. 163.

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.