KV16
KV16 is die grafkelder van Ramses I in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Hy was uit die 19de Dinastie. Die grafkelder is in Oktober 1817 deur Giovanni Belzoni ontdek.
KV16 | ||
Grafkelder van Ramses I | ||
![]() | ||
'n Muurskildering uit die Boek van Poorte. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 10 Oktober 1817 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Belzoni | |
Beskrywing
Omdat Ramses I minder as twee jaar lank regeer het, is sy grafkelder taamlik beknop; dit is net 29 meter lank. Dit bestaan uit twee afdalende trappe wat 'n skuins gang verbind en na die grafkamer lei. Nes die grafkelder van Horemheb (KV57), is dit met beelde uit die Boek van Poorte versier.
Die sarkofaag, wat steeds in die grafkamer staan, is van rooi kwartsiet.
Verwysings
- Reeves, N & Wilkinson, R.H. The Complete Valley of the Kings, 1996, Thames and Hudson, Londen.
- Siliotti, A. Guide to the Valley of the Kings and to the Theban Necropolises and Temples, 1996, A.A. Gaddis, Kaïro.
Gallery
Skakels
- Theban Mapping Project: KV16
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie KV16.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.