KV13
KV13 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is gebou en versier vir die adellike amptenaar Bai van die 19de Dinastie. Volgens 'n potskerf met 'n inskripsie is Bai deur farao Siptah laat teregstel.[1] Bai is daarom nooit in sy grafkelder begrawe nie. Ook is geen begrafisvoorwerpe vir Bai gevind nie.
KV13 | ||
Grafkelder van Bai, Amoenherchepsjef en Mentoeherchepsef | ||
![]() | ||
Die plan van KV13. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 1988 | |
Uitgrawings deur | Hartwig Altenmüller (1988-'94) | |
Versiering | Dodeboek | |
Uitleg | Reguit as | |
Die grafkelder is later deur twee prinse van die 20ste Dinastie gebruik. Hulle was Mentoeherchepsjef, 'n seun van Ramses III, en sy neef, Amoenherchepsjef, 'n seun van Ramses IV.[2]
Verwysings
- Grandet, Pierre (2000). "L'execution du chancelier Bay O.IFAO 1864". Bulletin de l'Institut Français d'Archéologie Orientale. 100: 339–345. Besoek op 22 Julie 2020.
- Dodson, Aidan; Hilton, Dylan (2004). The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Londen: Thames & Hudson. pp. 192–193. ISBN 0-500-05128-3.
Skakels
- Theban Mapping Project: KV13
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie KV13.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.