Jy’s lieflik vanaand
Jy's Lieflik Vanaand is 'n Afrikaanse rolprent wat op 17 September 1962 vrygestel is. Die rolprent is in swart en wit verfilm, ongeag die feit dat die eerste Afrikaanse musiekrolprent in kleur, Nooi van my hart, drie jaar tevore verskyn het.
Jy's Lieflik Vanaand | |
---|---|
Regisseur | Gordon Vorster |
Draaiboek | Gordon Vorster |
Met | Gert van den Bergh Lulu Kruger Dale Swanepoel |
Musiek deur | Louis Combrinck Anton de Waal George Esaul |
Kinematografie | John C. Brown |
Redigeerder | Peter Grossett |
Ateljee | Suid-Afrikaanse Rolprentproduksies |
Uitgereik | 17 September 1962 |
Speeltyd | 74 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
Die rolprent is 'n romantiese komedie en musiekblyspel. Dit het geen ouderdomsperk nie.
Hoofrolspelers
- Gert van den Bergh as Anton Fourie
- Lulu Kruger as Rika Venter
- Dale Swanepoel as Joop Henning
- Miemsie Retief as Estelle Venter
- Johan van Heerden as Anton Fourie II
- Douglas Fuchs as Swanepoel
- Willie van Rensburg as Van Wyk
- Willem Loots as Hannes Louw
- Wena Naudé as Anton Fourie-aanhanger
- Elsa Fouché as Anton Fourie-aanhanger
- Nicky Caras as Ontvangsdame
- Richard Daneel as Karel
- Glenys Lynne as haarself
Storielyn
Anton Fourie, 'n teruggetrokke komponis, raak verlief op die stem wat sy liedjies sing. Hy wil dringend 'n foto van die sanger bekom, wat slegs bekend is as "die geheime stem". Ondertussen is mev. Venter, die sangeres, verlief op die persoon wat sulke mooi liedjies skryf en aan haar soveel vreugde verskaf. Sy reageer deur vir hom 'n foto van haar dogter te stuur en hy antwoord met 'n foto van sy seun. Wanneer hulle kinders mekaar per toeval ontmoet, beraam hulle planne om hulle bedeesde en skaam ouers te flous om mekaar te ontmoet.