Justus Tshungu
Justus Tshungu (18 Oktober 1925 – 29 April 2019) was 'n omroeper en die eerste swart Suid-Afrikaner wat Afrikaans oor die radio gepraat het. Hy is in Kranskop, Modimolle, gebore. Hy is in 1960 as omroeper by die SAUK se Noord-Sotho-diens aangestel. Later is hy tot senior openbare skakelbeampte van die Sotho- en Ngunidiens van die SAUK bevorder. Hy was in die beginjare by televisie betrokke en het 'n Artes-toekenning vir sy televisiereeks Kamera II ontvang. Hy kon Afrikaans, Engels, Sepedi, Tsonga en Suid-Sotho vlot praat.
Justus Tshungu | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 29 April 2019 (op 93) |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Radio-omroeper |
Bekend vir | die eerste swart Suid-Afrikaner wat Afrikaans oor die radio gepraat het |
Hy sterf op 29 April 2019 aan natuurlike oorsake.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.