Justin Trudeau
Justin Pierre James Trudeau (gebore 25 Desember 1971 in Ottawa) is 'n Kanadese politikus en 23ste eerste minister van dié land ná die Liberale Party se oorwinning in die algemene federale verkiesing op 19 Oktober 2015. Ná sy inswering is hy op een na die jongste premier in die geskiedenis van Kanada (die jongste eerste minister ooit was Joe Clark) en die eerste seun van 'n vorige premier wat dié amp beklee.[1]
Justin Trudeau | |
Justin Trudeau in 2022 | |
23ste Eerste Minister van Kanada | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 4 November 2015 | |
Vise | Chrystia Freeland |
---|---|
Monarg | Elizabeth II Charles III |
Goewerneur-generaal | David Johnston (2010–2017) Julie Payette (2017–2021) Mary Simon (2021–hede) |
Voorafgegaan deur | Stephen Harper |
Minister van Regeringsake en Jeug | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 4 November 2015 | |
Voorafgegaan deur | Denis Lebel (Regeringsake) |
Leier van die Liberale Party | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 April 2013 | |
Voorafgegaan deur | Bob Rae (interim) |
Afgevaardigde in die Federale Parlement van Kanada vir Papineau | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 Oktober 2008 | |
Voorafgegaan deur | Vivian Barbot |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 25 Desember 1971 Ottawa, Ontario, Kanada |
Politieke party | Liberale Party |
Eggenoot/-note | Sophie Grégoire (2005–hede) |
Kind(ers) | Xavier Ella-Grace Margaret Hadrien |
Alma mater | McGill-universiteit, Montreal Universiteit van Brits-Columbië Universiteit van Montreal |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening |
Justin Trudeau is die oudste seun van wyle Pierre Trudeau, die 15de premier van Kanada, en sy vrou Margaret Trudeau.
Omstredenheid
Trudeau het by 'n partytjie in 2001 by die skool waar hy onderwys gegee het in swartgesig verskyn.[2] Die tema van die partytjie was "Arabiese nagte", en Trudeau het 'n tulband en Arabiese kleding aangetrek met sy gesig, nek en hande heeltemal verswart.[2] Op Woensdag, 20 September 2019 het Trudeau aan verslaggewers gesê, "Ek moes dit nie gedoen het nie. Ek moes van beter geweet het en ek het nie. Ek is regtig jammer."[2] Hy is gevra of hy gedink het die foto is rassisties, waarop hy geantwoord het, "Ja, dit was. Ek het dit nie op daardie stadium as rassisties beskou nie, maar nou weet ons van beter."[2]
Trudeau het erken dat hy ook in hoërskool swartgesig gedra het toe hy die Jamaikaanse volksliedjie "Day-O" gesing het, waarvoor hy ook om verskoning gevra het.[2]
Verwysings
- www.thestar.com, 20 Oktober 2015: Justin Trudeau plans to announce his cabinet Nov. 4. Besoek op 27 Oktober 2015
- (en) "Justin Trudeau Wore Brownface at 2001 'Arabian Nights' Party While He Taught at a Private School". Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2019. Besoek op 19 September 2019.