Juma Masjid-moskee

Die Juma Masjid-moskee (Arabies: جمعة مسجد, Juma Masjid, letterlik: "Moskee van Samekoms") is 'n moskee in Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Juma Masjid-moskee
Die moskee in Greystraat
Ligging Durban, KwaZulu-Natal
Voltooi 1930
Spesifikasies 
Minaret(te) 8
Kapasiteit 6 000 (styg tot 7 000 tydens die Salaah al Eid)
Styl Geometries

Oorsprong

In Augustus 1881 het Aboobaker Amod Jhaveri en Hajee Mahomed Hajee Dada 'n plek in Greystraat (nou bekend as Doctor Yusuf Dadoo) van K. Moonsamy vir 115 pond gekoop met die doel om 'n moskee daar te bou. Dit is die eerste moskee wat in Durban gebou is en dit verteenwoordig die Moslembevolking van die stad.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.