Julian Assange
Julian Paul Assange (gebore 3 Julie 1971 in Townsville, Queensland) is 'n Australiese joernalis, publisis, Internet-aktivis en voormalig rekenaarprogrammeerder. Hy is die hoofredakteur en woordvoerder van die Internetorganisie WikiLeaks.
Julian Assange | |
---|---|
Gebore | Julian Paul Hawkins 3 Julie 1971 |
Nasionaliteit | Australië |
Beroep | Joernalis, publisis, Internet-aktivis en vroeëre rekenaarprogrammeerder |
Bekend vir | hoofouteur van WikiLeaks |
Assange het opspraak gemaak nadat WikiLeaks einde 2010 geheime diplomatieke dokumente van die Verenigde State van Amerika op die Internet gepubliseer het,[1] en omdat hy beskuldig word van aanranding op twee Sweedse vroue. Vanweë die laaste is hy op 7 Desember 2010 in Engeland vasgetrek.[2]
Verwysings
- "WikiLeaks maak nóg onthullings openbaar". Nuus24. 4 Desember 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2010.
- "WikiLeaks-stigter in hegtenis geneem". Nuus24. 9 Desember 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2010.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Julian Assange.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.