Joubertspas
Joubertspas is 'n bergpas wat oos van Lady Grey lê op 'n grondpad wat oos wegdraai uit die R58 provinsiale pad in die Witteberge by 30°42′44″S 27°13′55″O. Die pas is amptelik op 17 Desember 1914 geopen. Dit begin onder op 2 236 m en bereik sy hoogste punt op 2 349 m bo seevlak met 'n besonderse maksimum helling van 1:6.
Joubertspas | |
Lady Grey soos gesien vanaf Joubertspas. | |
Joubertspas |
|
Koördinate: 30°42′44″S 27°13′55″O | |
---|---|
Ligging | Rigting oos uit Lady Grey |
Maksimumhelling | 1:6 |
Hoogte | 2 349 m |
Oppervlak | Grond |
Voltooi in | 1914 |
In | Witteberge, suidelike Drakensberg |
Pad | R36 |
Hierdie bergpas is in Suid-Afrika en moet nie met Joubertpas in Namibië verwar word nie.
Klimaat
Die klimaat op die pas is montaine (bergagtig)[1] en die lug is "dunner" as in die valleie. Die gemiddelde temperatuur was 14 °C. Die warmste maand is Januarie, op 20 °C, en die koudste Junie, teen 6 °C.[2] Gemiddelde reënval is 914 millimeter per jaar. Die natste maand is Desember, op 156 millimeter reën, en die droogste Augustus, op 18 mm.[3]
Sien ook
Verwysings
- Peel, M C; Finlayson, B.L. "Updated world map of the Köppen-Geiger climate classification". Hydrology and Earth System Sciences. 11: 1633–1644. doi:10.5194/hess-11-1633-2007. Besoek op 30 Mei 2019.
- "NASA Earth Observations Data Set Index" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 30 Mei 2016.
- "NASA Earth Observations: Rainfall (1 month - TRMM)" (in Engels). NASA/Tropical Rainfall Monitoring Mission. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 30 Mei 2016.