Joseph Allison
Joseph Allison (gebore in die Kaapkolonie) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. In 1851 was hy klerk vir die Britse Resident en die Wetgewende Raad van die Oranjerivier-soewereiniteit. Nadat die gebied onafhanklikheid verkry het as die Oranje-Vrystaat het Allison 'n lid van die Volksraad geword asook Staatsekretaris (1862-1863) en Tesourier-generaal van die Oranje-Vrystaat. In 1863 was hy vir 'n kort rukkie waarnemende Staatspresident van die Oranje-Vrystaat nadat Staatspresident Pretorius na die Transvaal gegaan het. Allison het 'n sterk simpatie met die Britte gehad.[1]
Joseph Allison | |
Lid van die Volksraad van die Oranje-Vrystaat | |
Ampstermyn 1853 – 23 Februarie 1854 | |
Staatsekretaris van die Oranje-Vrystaat | |
---|---|
Ampstermyn 1862 – 1863 | |
Tesourier-generaal van die Oranje-Vrystaat | |
Ampstermyn 1863 – 1863 | |
Voorafgegaan deur | M.W. Pretorius |
Opgevolg deur | M.W. Pretorius |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Onbekend |
Verwysings
- Muller, Hendrik Pieter Nicolaas (1907). Oude tyden in den Oranje-Vrystaat. Leiden: E.J. Brill. pp. 87, 143, 147, 149, 383.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.