Joroeba
Joroeba (èdè Yorùbá, letterlik: "Joroeba-taal") is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 30 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Joroeba-volk gepraat en is na Engels en saam met Hausa en Igbo een van Nigerië se amptelike tale.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Joroeba (volk).
Joroeba èdè Yorùbá | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Benin Nigerië Togo | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 30 miljoen[1] | |
Rang: | 47 | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Benue-Kongo Defoid Yoruboid Joroeba | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nigerië Benin | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | yo | |
ISO 639-2: | yor | |
ISO 639-3: | yor | |
Joroeba behoort tot die Benue-Kongo-tale en word naas ander tale hoofsaaklik in Suidwes-Nigerië asook in dele van Benin en Togo gepraat. Daar is ook sprekers in Brasilië en Kuba, waar die taal as Nago bekend staan.
Joroeba is 'n analitiese toontaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde.
Sien ook
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Yoruba" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2019. Besoek op 16 Februarie 2016.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Joroeba.
- (en) "Yoruba". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Junie 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.