Jonathan Butler
Jonathan Butler (1961-) is ’n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en musikant. Hy het reeds as kind begin optree en sy debuut in 1977 met 7th Avenue gemaak. In 1985 volg Introducing Jonathan Butler. Hy spog al met meer as 22 albums en twee Grammy-benoemings. Van sy groot treffers sluit in: "Lies" en "More Than Friends".[1]
Jonathan Butler | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Jonathan Butler in 2007 |
Gebore | 10 Oktober 1961 Athlone, Kaapstad |
Genres | Blues, jazz |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Webwerf | jonathanbutler.com |
Lewensloop
Butler is op 10 Oktober 1961 in Athlone in Kaapstad gebore en grootgemaak. Sy eerste enkelspeler is op wit radiostasies gespeel, in 'n tyd wat rassegroepe geskei was. Dit het aan hom 'n Sarie-toekenning besorg.
In die 1980’s verhuis hy na Engeland, waar hy 17 jaar lank woon. Daarna vestig hy hom in Amerika, maar hy tree gereeld in Suid-Afrika op.
Diskografie
Albums:
- Introducing Jonathan Butler (1985)
- Jonathan Butler (1987)
- Inspirations (1987) [2]
- 7th Avenue (1988)
- More Than Friends (1988)
- Deliverance (1990)
- Heal Our Land (1990)
- Head To Head (1994)
- Do You Love Me? (1997)
- Story Of Life (1999)
- The Source (2000)
- Surrender (2002)
- Worship Project (2004)
- Gospel days (2005) [3]
- Jonathan (2005)
- Brand New Day (2007)
- So Strong (2010)
- Grace and Mercy (2012)
- Merry Christmas to You (2013)
- Living My Dream (2014)
- Free (2015-10-30)
Lewendige albums:
- Live in South Africa
Kompilasie-albums:
- Best Of Jonathan Butler (1993)
- Ultimate Butler (2002)
- Christmas Goes Gospel: Tis The Season (2014)
- Divine Voices: Pastors of Praise (2015)
Versamel-albums
- Gospel Goes Classical (2006) (met Juanita Bynum)
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- vinyl only, http://www.discogs.com/Jonathan-Butler-Inspirations/release/3576859
- http://smile.amazon.com/Gospel-Days-Jonathan-Butler/dp/B004J8GXRS/ref=sr_1_2?s=music&ie=UTF8&qid=1445805316&sr=1-2&keywords=gospel+days+butler
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.