Jon Voight
Jon Voight (geb. 29 Desember 1938) is ’n Amerikaanse akteur. Hy is vir vier Oscars benoem, waarvan hy een gewen het, en vir nege Golden Globes, waarvan hy drie gewen het. Voight is die pa van die aktrise Angelina Jolie en akteur James Haven.
Jon Voight | |
Voight in Oktober 2011 in Los Angeles. | |
Geboortenaam | Jonathan Vincent Voight |
---|---|
Geboorte | 29 Desember 1938 Yonkers, New York, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1963-hede |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Bekendste rolle
Voight het in die laat 1960's internasionaal bekend geword danksy sy rol as ’n aspirant-gigolo in Midnight Cowboy (1969). In die 1970's vertolk hy ’n sakeman wat met moord deurmekaar raak in Deliverance (1972), ’n paraplegiese Viëtnam-veteraan in Coming Home (1978), waarvoor hy ’n Oscar vir beste akteur wen, en ’n platsak oud-bokskampioen in The Champ (1979).
Hoewel hy in die 1980's en 1990's in minder rolprente gesien is, het hy groot lof gekry vir sy spel as ’n meedoënlose bankrower in Runaway Train (1985) en ’n gewetenlose prokureur in The Rainmaker (1997). In die 2000's het hy uitstekende spel gelewer as Howard Cosell in Ali (2001), die Nazi-offisier Jürgen Stroop in Uprising (2001) en pous Johannes Paulus II in die TV-minireeks met dieselfde naam (2005).
Persoonlike lewe
Voight is in Yonkers, New York,[1] gebore as die seun van Elmer Voight (gebore Voytka) en sy vrou, Barbara.[2] Voight sr. was ’n professionele gholfspeler. Jon het twee broers, Barry en Wesley. Laasgenoemde is bekend as die sanger en liedjieskrywer Chip Taylor. Voight sr. se ouers was Slowaakse immigrante van Košice, toe nog deel van Oostenryk-Hongarye. Barbara se grootouers was van Duitse afkoms.[2]
Voigt jr. het die Hoërskool Aartsbiskop Stepinac in White Plains, New York, bygewoon waar hy die eerste keer in toneelspel belanggestel het en in die skool se jaarlikse musiekblyspel, The Song of Norway, gespeel het. Hy het in 1960 ’n B.A.-graad met kuns as hoofvak aan die Katolieke Universiteit van Amerika in Washington, D.C. behaal. Daarna is hy na New York, waar hy begin toneelspeel het.
In 1962 is Voight met die aktrise Lauri Peters getroud, saam met wie hy in die oorspronklike Broadway-produksie van The Sound of Music gespeel het. Hulle is in 1967 geskei en 1971 is hy met Marcheline Bertrand getroud. Hulle is in 1976 van bed en tafel geskei en in 1980 finaal geskei. Angelina Jolie en James Haven is sy kinders by Bertrand. Voight was verskeie jare lank vervreem van sy kinders, maar ná Bertrand se dood in 2007 het hulle versoen geraak.[3]
Filmografie
’n Paar van sy bekende rolle was:
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1967 | Fearless Frank | Fearless Frank | Eerste rolprent |
Coronet Blue | Peter Wicklow | TV | |
Hour of the Gun | Curly Bill Brocius | ||
N.Y.P.D. | Adam | TV | |
Gunsmoke | Cory | TV | |
1969 | Midnight Cowboy | Joe Buck | BAFTA vir nuweling Golden Globe vir nuwe ster Laurel vir nuwe gesig National Society of Film Critics-prys vir beste akteur New York Film Critics Circle-prys vir beste akteur Oscar-benoemings vir beste akteur Golden Globe-benoeming as beste akteur in ’n drama |
Out of It | Russ | ||
1970 | Catch-22 | Lt. Milo Minderbinder | |
The Revolutionary | A | ||
1972 | Deliverance | Ed Gentry | Golden Globe-benoeming |
1973 | The All-American Boy | Vic Bealer | |
1974 | Conrack | Pat Conroy | |
The ODESSA File | Peter Miller | ||
1975 | End of the Game | Walter Tschanz | As John Voight |
1978 | Coming Home | Luke Martin | Oscar vir beste akteur Cannes-prys beste akteur Golden Globe vir beste akteur in ’n drama Los Angeles Film Critics Association-prys vir beste akteur National Board of Review-prys vir beste akteur (gedeel met Laurence Olivier New York Film Critics Circle-prys vir beste akteur |
1979 | The Champ | Billy Flynn | Golden Globe-benoeming |
1982 | Lookin' to Get Out | Alex Kovac | |
1983 | Table for Five | J.P. Tannen | |
1985 | Runaway Train | Oscar "Manny" Manheim | Golden Globe vir beste akteur in ’n drama Oscar-benoeming |
1986 | Desert Bloom | Jack Chismore | |
1991 | Chernobyl: The Final Warning | Dr. Robert Gale | TV |
1992 | The Rainbow Warrior | Peter Willcox | TV |
The Last of His Tribe | Prof. Alfred Kroeber | TV | |
Heat | Nate | ||
1996 | Mission: Impossible | Jim Phelps | |
1997 | The Rainmaker | Leo F. Drummond | Golden Globe-benoeming |
Rosewood | John Wright | ||
Anaconda | Paul Serone | Golden Raspberry-benoeming as slegste akteur | |
1999 | Varsity | Bud Kilmer | |
2001 | Zoolander | Larry Zoolander | |
Lara Croft: Tomb Raider | Lord Richard Croft | ||
Pearl Harbor | Franklin D. Roosevelt | ||
Ali | Howard Cosell | Oscar-benoeming Broadcast Film Critics Association-benoeming Chicago Film Critics Association-benoeming Golden Globe-benoeming | |
Uprising | Genl.maj. Jürgen Stroop | TV Primetime Emmy-benoeming | |
Jack and the Beanstalk: The Real Story | Sigfriend "Siggy" Mannheim | TV | |
2002 | Second String | Chuck Dichter | TV |
2005 | Pope John Paul II | Johannes Paulus II | TV Primetime Emmy-benoeming |
2006 | The Legend of Simon Conjurer | Dr. Crazx | |
Glory Road | Adolph Rupp | ||
2012 | Beyond | Jon Koski | |
Verwysings
- "Jon Voight bio". The New York Times online. Besoek op 10 Junie 2009.
- Reitwiesner, William Addams. "Ancestry of Angelina Jolie". wargs.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 24 April 2011.
- "Angelina Jolie on her father". aanbieder: Bob Simon. 60 Minutes (CBS). 27 November 2011. Archived from the original on 19 Desember 2011. https://web.archive.org/web/20111219071637/http://www.cbsnews.com/video/watch/?id=7389734n&tag=segementExtraScroller;housing. Besoek op 11 Oktober 2013.
Eksterne skakels
- Jon Voight in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jon Voight.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia