Jomo Kenyatta
Jomo Kenyatta (omstreeks 1897 – 22 Augustus 1978) was ’n Keniaanse politikus en die eerste president van Kenia. Kenyatta was die land se leier van onafhanklikheid in 1963 tot sy dood in 1978 en het as eerste minister gedien van 1963–’64 en daarna as president. Hy word beskou as die vader van die Keniaanse nasie. Kenyatta was ’n welopgevoede intellektueel en die skrywer van talle boeke. Hy word onthou as ’n Pan-Afrikanis. Sy seun Uhuru Kenyatta is die land se huidige president.
Jomo Kenyatta | |
Jomo Kenyatta in 1978 | |
1ste President van Kenia | |
Ampstermyn 12 Desember 1964 – 22 Augustus 1978 | |
Vise | Jaramogi Oginga Odinga Joseph Murumbi Daniel arap Moi |
---|---|
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Daniel arap Moi |
1ste Eerste Minister van Kenia | |
Ampstermyn 1 Junie 1963 – 12 Desember 1964 | |
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Voorsitter van KANU | |
Ampstermyn 1961 – 1978 | |
Voorafgegaan deur | James Gichuru |
Opgevolg deur | Daniel arap Moi |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | ca. 1897 Gatundu, Brits-Oos-Afrika (nou Kenia) |
Sterf | 22 Augustus 1978 (op 89) Mombasa, Kenia |
Politieke party | KANU |
Eggenoot/-note | Grace Wahu (huwelik in 1919) Edna Clarke (1942–1946) Grace Wanjiku (dood in 1950) Mama Ngina (1951–1978) |
Kind(ers) | Peter Muigai Margaret Peter Magana Jane Christine Uhuru Anna Muhoho |
Alma mater | University College London, London School of Economics |
Talle instellings en plekke dra Kenyatta se naam, onder meer Nairobi se Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe, Nairobi se hoofstraat en hoofstrate in talle dorpe en stede, verskeie skole, twee universiteite (die Kenyatta-universiteit en Jomo Kenyatta-universiteit van Landbou en Tegnologie), die land se belangrikste verwysingshospitaal, markte en behuisingsontwikkelings. ’n Standbeeld is vir hom opgerig in Nairobi se middestad en talle ander oral in die land. Kenia het ’n openbare vakansiedag (Kenyatta-dag) tot sy eer op 20 Oktober elke jaar gevier tot die Grondwet van 2010 dit afgeskaf en vervang het deur Mashujaa-dag (Heldedag). Voor die nuwe Grondwet aanvaar is, het Kenyatta se gesig op alle Keniaanse note en muntstukke gepryk, behalwe die 40-sjieling-muntstuk.
Bron
- (en) Profiel van Mzee Jomo Kenyatta. URL besoek op 24 Februarie 2016.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jomo Kenyatta.