John Steinbeck
John Ernst Steinbeck, Jr. ([ˈstaɪnbɛk], * 27 Februarie 1902; † 20 Desember 1968) was 'n Amerikaanse skrywer wie se werk in 1962 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon is "vir sy realistiese en verbeeldingryke skryfwerk waarin simpatieke humor en 'n skerpsinnige maatskaplike waarneming met mekaar verbind word".[1] Steinbeck word onder die vernaamste literêre persoonlikhede in die Verenigde State gereken, terwyl baie van sy romans as klassieke werke van die westerse literatuur beskou word.
John Steinbeck | |
---|---|
John Steinbeck in 1962 | |
Gebore | John Ernest Steinbeck, Jr. 27 Februarie 1902 Salinas, Kalifornië |
Sterf | 20 Desember 1968 (op 66) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Roman- en kortverhaalskrywer, oorlogsverslaggewer |
Eggenoot | Carol Henning (1930, geskei in 1943) Gwyn Conger (1943, geskei in 1948) Elaine Scott (1950) |
Kinders | John Steinbeck IV (1946–1991) Thomas Steinbeck (1944–2016) |
Handtekening | |
Gedurende sy loopbaan as skrywer het 27 boeke uit sy pen gekom, insluitende 16 romans, ses nie-fiksie-werke en twee kortverhaalbundels. Die meeste van Steinbeck se werke speel in Sentraal-Kalifornië af, veral in die Salinas-vallei en die California Coast Ranges, 'n bergreeks langs die Stille Oseaankus. Dikwels staan onderwerpe soos die menslike lot en ongeregtigheid sentraal in sy romans, veral met betrekking tot verdrukte karakters en die gewone mens. Steinbeck het veral bekendheid verwerf met sy komiese romans Tortilla Flat (gepubliseer in 1935) en Cannery Row (1945), die epiese roman East of Eden (1952) wat oor etlike generasies strek, en die novelles Of Mice and Men (1937) en The Red Pony (1937).
Die realistiese roman The Grapes of Wrath (1939), waarvoor die Pulitzerprys vir Fiksie aan Steinbeck toegeken is, word as sy meesterwerk en deel van die kanon van Amerikaanse literatuur beskou wat die dramatiese vlug van 200 000 mense uit die Dust Bowl, die droogtegeteisterde landboustreke van die Amerikaanse Middeweste, langs die historiese U.S. Route 66 na Kalifornië beskryf. Binne 75 jaar ná sy publikasie is 14 miljoen eksemplare daarvan verkoop. The Grapes of Wrath is deur sekere regse Amerikaanse groepe getipeer as die propaganda van 'n Joodse skrywer. Steinbeck het daarop geantwoord dat hy terloops nie Joods is nie, maar dit betreur as 'n skrywer se oeuvre aan die hand van sy herkoms geregverdig moet word.[2]
Bibliografie
Titel | Jaar | Kategorie | ISBN |
---|---|---|---|
Cup of Gold | 1929 | Roman | ISBN 978-0-14-018743-4 |
The Pastures of Heaven | 1932 | kortverhale | ISBN 978-0-14-018748-9 |
The Red Pony | 1933 | Novelle | ISBN 978-0-14-017736-7 |
To a God Unknown | 1933 | Roman | ISBN 978-0-14-018751-9 |
Tortilla Flat | 1935 | Roman | ISBN 978-0-14-004240-5 |
In Dubious Battle | 1936 | Roman | ISBN 978-0-14-303963-1 |
Of Mice and Men | 1937 | Novelle | ISBN 978-0-14-017739-8 |
The Long Valley | 1938 | Kortverhale | ISBN 978-0-14-018745-8 |
Their Blood is Strong | 1938 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-930588-38-0 |
The Grapes of Wrath | 1939 | Roman | ISBN 978-0-14-303943-3 |
The Forgotten Village | 1941 | ISBN 978-0-14-311718-6 | |
Sea of Cortez: A Leisurely Journal of Travel and Research | 1941 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-018744-1 |
The Moon Is Down | 1942 | Roman | ISBN 978-0-14-018746-5 |
Bombs Away: The Story of a Bomber Team | 1942 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-310591-6 |
Cannery Row | 1945 | Roman | ISBN 978-0-14-017738-1 |
The Wayward Bus | 1947 | Roman | ISBN 978-0-14-243787-2 |
The Pearl | 1947 | Novelle | ISBN 978-0-14-017737-4 |
A Russian Journal | 1948 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-118019-9 |
Burning Bright | 1950 | Novelle | ISBN 978-0-14-303944-0 |
The Log from the Sea of Cortez | 1951 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-018744-1 |
East of Eden | 1952 | Roman | ISBN 978-0-14-018639-0 |
Sweet Thursday | 1954 | Roman | ISBN 978-0-14-303947-1 |
The Short Reign of Pippin IV: A Fabrication | 1957 | Roman | ISBN 978-0-14-303946-4 |
Once There Was A War | 1958 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-310479-7 |
The Winter of Our Discontent | 1961 | Roman | ISBN 978-0-14-303948-8 |
Travels with Charley: In Search of America | 1962 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-005320-3 |
America and Americans | 1966 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-670-11602-7 |
Journal of a Novel: The East of Eden Letters | 1969 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-014418-5 |
Viva Zapata! | 1975 | ISBN 978-0-670-00579-6 | |
Steinbeck: A Life in Letters | 1975 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-004288-7 |
The Acts of King Arthur and His Noble Knights | 1976 | Fiksie | ISBN 978-0-14-310545-9 |
Working Days: The Journals of The Grapes of Wrath | 1989 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-14-014457-4 |
Steinbeck in Vietnam: Dispatches from the War | 2012 | Nie-fiksie | ISBN 978-0-8139-3403-7 |
Verwysings
- www.biography.com: John Steinbeck. Besoek op 21 Mei 2018
- Sorene, Paul (13 Mei 2021). "John Steinbeck's Wonderful Letter On Racism – 1937". flashbak.com. Flashbak. Besoek op 13 Augustus 2021.
Eksterne skakels
- Biografie en werk
- Media
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie John Steinbeck.
- (en) YouTube.com: John Steinbeck - Voice of America. BBC HD-dokumentêr