John Maclean

Kolonel John Maclean (1810 - 1874) was 'n Luitenant-goewerneur van Brits-Kaffrarië. Hy begin sy loopbaan in die Bitse Leër maar in November 1845 word hy aangestel as regeringsagent op Fort Peddie. In 1847 word hy as kommissaris aangestel vir die T'Sambie-stam en Hoofkommissaris van Brits-Kaffrarië in 1852. Toe dié gebied in 1860 'n afsonderlike kolonie word, word hy aangestel as die eerste Luitenant-goewerneur. Hy word in 1864 met bevordering na Natal verplaas maar moes in Julie 1865 bedank weens swak gesondheid.

Bronne

  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.