John James
John James is 'n Afrikaanse kletsrymduo wat uit Chris Delport (John) en James Janse van Rensburg (James) bestaan.[1] Hul eerste enkelsnit, "Ek is meer werd", word in 2019 vrygestel en behaal die Maroela Media Afrikaanse Top-20-trefferlys.[1] Delport skryf die lirieke en Janse van Rensburg die musiek.
John James | |
---|---|
Genres | Kletsrym[1] |
Etikette | Select Musiek Sony Music Entertainment |
Lede | Chris Delport James Janse van Rensburg |
Geskiedenis
Delport en Janse van Rensburg maak sedert hul laerskooldae saam musiek. Hulle matrikuleer beide aan die Hoƫrskool Carletonville.
Diskografie
Enkelspelers
- 2019: Ek is meer werd
- 2019: Nintendo
- 2019: Gedislokeerde hart
- 2020: Almal saam alleen
Verwysings
- Monsieur, Janie (29 Augustus 2019). "Luister: Nuwe musiekduo 'anders, maar 100% eg'". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 7 November 2019.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.