John Gribbin
John R. Gribbin (gebore op 19 Maart 1946)[1] is 'n Britse wetenskapskrywer, astrofisikus, en 'n besoekende genoot in astronomie by die Universiteit van Sussex.[2] Sy skryfwerk sluit kwantumfisika, menslike evolusie, die oorsprong van die heelal, en biografieë van bekende wetenskaplikes in. Hy skryf ook wetenskapfiksie.
John R. Gribbin | |
---|---|
John Gribbin by Novacon in 2014 | |
Gebore | 19 Maart 1946 Maidstone, Kent, Engeland |
Nasionaliteit | Brits |
Alma mater | Universiteit van Sussex Universiteit van Cambridge |
Beroep | Wetenskapskrywer |
Eggenoot | Mary Gribbin |
Webwerf | www |
Biografie
John Gribbin het in 1966 'n baccalaureusgraad in fisika van die Universiteit van Sussex behaal. Gribbin het daarna 'n meestersgraad in astronomie (MSc) in 1967 behaal, ook by die voorgenoemde universiteit. Hy het ook sy PhD in astrofisika van die Universiteit van Cambridge behaal (1971).[3][4]
In 1968 het Gribbin as een van Fred Hoyle se navorsingstudente by die Instituut van Astronomie, Cambridge (Instituut van Teoretiese Astronomie) gewerk, en 'n aantal artikels vir die New Scientist oor die Instituut se navorsing, en wat uiteindelik bekend sou word as pulsars, geskryf.[5]
In 1974 het Gribbin saam met Stephen Plagemann 'n boek getiteld The Jupiter Effect geskryf wat voorspel het dat die belyning van die planete in 'n kwadrant aan een kant van die Son op 10 Maart 1982 swaartekrag-effekte sou veroorsaak wat aardbewings in die San Andreas-breuk sou veroorsaak, met die moontlike uitwissing van Los Angeles en sy voorstede.[6] Gribbin het homself egter in die 17 Julie 1980 uitgawe van die New Scientist tydskrif van die Die Jupiter-effek gedistansieer, en verklaar dat hy "met 'n helfte te slim" was.[7]
In Februarie 1982 het Gribbin en Plagemann The Jupiter Effect Reconsidered gepubliseer, en beweer dat die 1980 Mount Saint Helens vulkaniese uitbarsting hulle teorie as waar bewys het ten spyte van 'n gebrek aan planetêre belyning. In 1999 het Gribbin dit gerupidieer en opgemerk "Ek hou nie daarvan nie, en ek is jammer dat ek ooit enigiets daarmee te doen gehad het."[8]
In 1984 het Gribbin In Search of Schrödinger's Cat: Quantum Physics and Reality gepubliseer.[9] Die Spectator Boekklub het dit as een van die beste van die eerste golf fisika populariserings wat Stephen Hawking se A Brief History of Time voorafgegaan het beskryf.[10] Gribbin se boek was deur BBC World News aangehaal as 'n voorbeeld van hoe belangstelling in die studie van wiskunde opnuut gestimuleer kan word en kan herleef.[11]
In 2006 het Gribbin deelgeneem aan 'n BBC radio 4 uitsending as 'n "deskundige getuie". Die aanbieder Matthew Parris het 'n gesprek met Professor Kathy Sykes en Gribbin gevoer oor die vraag of Einstein "werklik 'n kens genie was".[12]
Tydens die 2009 Wêreldkonferensie van Wetenskapjoernaliste het die Assosiasie van Britse Wetenskapskrywers Gribbin met hul Lewenslange Prestasie-toekenning vereer.[13]
Resensies van Gribbin se skryfwerk
Die konserwatiewe politiese tydskrif The Spectator het Gribbin as "een van die beste en mees produktiewe skrywers van populêre wetenskap" beskryf in 'n resensie van Science: A History, welke dit aanslaan as "die produk van ontsaglike geleerdheid, en 'n leeftyd wat spandeer is aan die kuns oor hoe om op 'n vurige en ingeligte wyse oor wetenskap en wetenskaplikes te skryf".[10]Henry Gee, 'n senior redakteur by die joernaal Nature, het Gribbin beskryf as "een van die beste wetenskapskrywers in omloop".'n Resensie van The Universe: A Biography in die joernaal Physics World het Gribbin se vermoë om ingewikkelde idees te verduidelik, geprys.[14]'n Wall Street Journal resensie van Flower Hunters (medeskrywer, Mary Gribbin) het die skryfwerk as vervelig en eentonig beskryf, met voldoende detail, maar 'n versuim om die groter kulturele konteks oor te dra. Dit het gemeld dat die boek se hoofstuk-lange biografiese sketse te dikwels as oppervlakkig voorgekom het, en verder die boek gekritiseer vir ooglopende weglatings van gerekende plantversamelaars.[15]
In 'n resensie van The Reason Why, vermeld die Times Higher Education dat Gribbin oor spekulatiewe aangeleenthede skryf en sommige van sy teorieë sonder stawende bewyse voordra. Dit maak egter ook melding van sy omvattende navorsing en liriese skryfstyl.[16]
Werke
Wetenskap
- (1999) Almost Everyone's Guide to Science: The Universe, Life and Everything, Yale University Press, ISBN 0-300-08460-9
- (1999) Get a Grip on New Physics, Weidenfeld & Nicolson, Londen. ISBN 0-297-82703-0
- (1999) The Little Book of Science, Barnes and Noble, ISBN 978-0-7607-1687-8
- (2003) Science: A History 1543–2001, Gardners Books, ISBN 0-14-029741-3
- (2003) The Scientists: A History of Science Told Through the Lives of Its Greatest Inventors, Random House, ISBN 0-8129-6788-7
- (2006) The Fellowship: The Story of a Revolution, Allen Lane, ISBN 0-7139-9745-1 (die verhaal van die Koninklike-genootskap)
- (2006) History of Western science, 1543-2001, Folio-genootskap, Londen [2de uitgawe van Science: A History, 1543-2001, met klein wysigings en 'n nuwe inleiding deur die skrywer].
- (2009) Flower Hunters, Oxford University Press, met Mary Gribbin, 320 bladsye, ISBN 978-0-19-956182-7
- (2010) In Search of the Multiverse: Parallel Worlds, Hidden Dimensions, and the Ultimate Quest for the Frontiers of Reality, Wiley, ISBN 0-4706-1352-1
Kinderboeke oor wetenskap
- (2003) Big Numbers: A Mind Expanding Trip to Infinity and Back (medeskrywer Mary Gribbin), Wizard Books, 2005 uitgawe ISBN 1-84046-661-8
- (2003) How far is up? : Measuring the Size of the Universe (medeskrywer Mary Gribbin), Icon Books, 2005 uitgawe ISBN 1-84046-439-9
- (2008) Time Travel for Beginners (medeskrywer Mary Gribbin), Hodder Children's, ISBN 978-0-340-95702-8
- (2000) Eyewitness: Time & Space, DK Children, ISBN 0-7894-5578-1
Voorspellings
- (1974) The Jupiter Effect: The Planets As Triggers of Devastating Earthquakes (medeskrywer Stephen H. Plageman), Random House ISBN 0-394-72221-3; gewysigde weergawe gepubliseer as The Jupiter Effect Reconsidered, Vintage Books (New York, NY), 1982. ISBN 0-394-70827-X
- (Februarie 1982) The Jupiter Effect Reconsidered
- (1983) Beyond the Jupiter Effect, Macdonald, ISBN 0-356-08686-0
Die Son
- (1980) The Death of the Sun, Dell Publishing ISBN 978-0-440-51854-9 (ook bekend as The Strangest Star: The Scientific Account of the Life and Death of the Sun, 1980, Athlone Press, ISBN 978-0-485-11207-8)
- (1991) Blinded by the Light: The Secret Life of the Sun, Bantam, ISBN 978-0-593-02064-7
Kwantumfisika
- (1984) In Search of Schrödinger's Cat: Quantum Physics and Reality, Bantam Books, ISBN 0-553-34253-3 (herdruk in 2012 deur Random House ISBN 978-1-4464-2376-9)
- (1996) Schrödinger's Kittens and the Search for Reality, Back Bay Books, ISBN 0-316-32819-7
- (1998) Q Is for Quantum: An Encyclopedia of Particle Physics, Free Press, ISBN 0-684-85578-X
- (2002) Quantum Physics (Essential Science), Dorling Kindersley, ISBN 978-0-7513-3976-5
- (2007) (fr) La physique quantique, Pearson Education, ISBN 978-2-7440-7263-5
- (2019) Six Impossible Things: The 'Quanta of Solace' and the Mysteries of the Subatomic World, Icon Books, ISBN 978-1785784996
Evolusie en menslike genetika
- (1982) The Monkey Puzzle: A Family Tree (medeskrywer, Jeremy Cherfas), Pantheon Books, ISBN 0-394-52794-1
- (1988) The One Percent Advantage: The Sociobiology of Being Human, Blackwell Pub, ISBN 978-0-631-16004-5
- (1990) Children of the Ice: Climate and Human Origins, Blackwell Pub (met Mary Gribben) ISBN 978-0-631-16817-1
- (1993) Being Human: Putting People in an Evolutionary Perspective, J.M.Dent & Sons (met Mary Gribben) ISBN 978-0-460-86164-9
- (1985) In Search of the Double Helix, McGraw-Hill, ISBN 978-0-07-024740-6
- (1985) The Redundant Male: Is Sex Irrelevant in the Modern World? (medeskrywer Jeremy Cherfas) Paladin, ISBN 978-0-586-08503-5
- (2003) The Mating Game, (hersiene weergawe van The Redundant Male) Barnes and Noble, ISBN 978-0-7607-4543-4
- (2003) The First Chimpanzee: In Search of Human Origins, (medeskrywer, Jeremy Cherfas) Barnes and Noble, ISBN 978-0-7607-4542-7
Astronomie en die beskrywing van die Heelal
- (1976) Astronomy for the Amateur, Macmillan, ISBN 978-0-333-18806-4
- (1976) Our Changing Universe: The New Astronomy, Dutton, ISBN 978-0-87690-216-5
- (1977) White Holes: Cosmic Gushers in the Universe, Delacorte Press/E. Friede, ISBN 978-0-440-09529-3
- (1979) Timewarps, Delacorte Press/E. Friede, ISBN 978-0-440-08509-6
- (1981) Future Worlds, Springer, ISBN 978-0-306-40780-2
- (1982) Cosmology Today, (redakteur en bydraer) IPC Media, ISBN 978-0-85037-518-3
- (1983) Spacewarps: Black Holes, White Holes, Quasars, and the Universe, Delta, ISBN 978-0-14-022531-0
- (1988) The Omega Point: The Search for the Missing Mass and the Ultimate Fate of the Universe , Bantam, ISBN 978-0-553-34515-5
- (1989) Cosmic Coincidences: Dark Matter, Mankind, and Anthropic Cosmology, Bantam, ISBN 0-553-34740-3
- (1992) In Search of the Edge of Time: Black Holes, White Holes, Worm Holes, Bantam Books, ISBN 978-0-593-02409-6 (US title Unveiling the Edge of Time, Three Rivers Press. 1994 herdruk: ISBN 0-517-88170-5)
- (1994) Time and Space, as Eyewitness: Time and Space, (2000) DK Children, ISBN 978-0-7894-5578-9
- (1996) Companion to the Cosmos, John en Mary Gribbin, Little: ISBN 0-316-32835-9
- (1997) Time and the Universe (Whats the Big Idea), (kinderboek) Hodder & Stoughton, ISBN 978-0-340-65590-0
- (1998) The Case of the Missing Neutrinos: And Other Phenomena of the Universe, Fromm Intl. ISBN 978-0-88064-199-9
- (1998) The Search for Superstrings, Symmetry, and the Theory of Everything, Little, Brown and Company, ISBN 978-0-316-32975-0
- (1998) Watching the Universe, Constable, ISBN 978-0-09-478230-3
- (2001) Space: Our Final Frontier, BBC Books, ISBN 978-0-563-53713-7
- (2001) Hyperspace: The Universe and Its Mysteries, (ook gepubliseer as Space: Our Final Frontier) DK ADULT, ISBN 978-0-7894-7838-2
- (2008) Galaxies: A Very Short Introduction, Oxford University Press, USA. ISBN 978-0-19-923434-9
- (2007) The Universe: A Biography, Allen Lane, ISBN 0-7139-9857-1
- (2008) From Here to Infinity: The Royal Observatory Greenwich Guide to Astronomy, (met Mary Gribbin) National Maritime Museum, ISBN 978-0-948065-78-1; republished in 2009 as From Here to Infinity: A Beginner's Guide to Astronomy, Sterling ISBN 978-1-4027-6501-8
- (2011) Alone in the Universe: Why Our Planet Is Unique, John Wiley & Sons, ISBN 978-1-118-14797-9
Oorsprong van die heelal
- (1976) Galaxy Formation: A Personal View, Wiley, ISBN 978-0-470-32775-3
- (1982) Genesis: The Origins of Man and the Universe, Delacorte Press, ISBN 978-0-385-28321-2
- (1986) In Search of the Big Bang, Bantam, ISBN 0-553-34617-2
- (1993) In the Beginning: The Birth of the Living Universe (In the Beginning, Viking, ISBN 978-0-670-84927-7
- (1994) In the Beginning: After COBE and before the Big Bang, Bulfinch Press, ISBN 978-0-316-32833-3
- (1997) Origins: Our Place in Hubble's Universe, Constable and Robinson ISBN 978-0-09-477550-3 (as Empire of the Sun, '98; as Cosmos '06)
- (2001) The Birth of Time: How Astronomers Measured the Age of the Universe, Yale University Press, ISBN 0-300-08914-7 (2009 uitgawe ISBN 978-0-300-08914-1)
- (2015) 13.8: The Quest to Find the True Age of the Universe and the Theory of Everything, Icon Books, ISBN 978-1-84831-918-9
Romans
- (1980) The Sixth Winter (met Douglas Orgill) (roman) Simon & Schuster ISBN 978-0-671-25016-4
- (1982) Brother Esau (met Douglas Orgill) (roman) Harper & Row ISBN 978-0-06-039016-7
- (1988) Double Planet (met Marcus Chown) (roman) Victor Gollancz ISBN 978-0-575-04357-2
- (1990) Father to the Man (roman) Tor Books ISBN 978-0-8125-3850-2
- (1991) Ragnarok (met D.G. Compton) (roman) Gollancz ISBN 978-0-575-05110-2
- (1991) Reunion (met Marcus Chown) (roman) Gollancz ISBN 978-0-575-04860-7
- (1993) Innervisions (roman) Penguin Books ISBN 978-0-14-017447-2
- (2009) Timeswitch (roman) PS Publishing ISBN 978-1-906301-61-3
- (2011) The Alice Encounter (novelle) PS Publishing ISBN 978-1-84863-138-0
Biografieë
- (1992) Stephen Hawking: A Life in Science (medeskrywer Michael White), National Academies Press ISBN 0-452-26988-1, 2002 uitgawe: ISBN 0-309-08410-5
- (1993) Einstein : A Life in Science, (medeskrywer Michael White) Simon & Schuster ISBN 0-671-01044-1
- (1995) Darwin: A Life in Science, (medeskrywer Michael White) Dutton Adult ISBN 978-0-525-94002-9
- (1997) Darwin in 90 Minutes, (met Mary Gribbin) Constable and Robinson ISBN 978-0-09-477050-8 (Deel van 'n reeks waarby ingesluit is: Curie ISBN 978-0-09-477020-1, Einstein ISBN 978-0-09-477130-7, Faraday ISBN 978-0-09-477100-0, Galileo ISBN 978-0-09-477110-9, Halley ISBN 978-0-09-477030-0, Mendel ISBN 978-0-09-477120-8, Newton ISBN 978-0-09-477040-9)
- (1997) Richard Feynman: A Life in Science, (medeskrywer Mary Gribbin) Penguin Books ISBN 0-14-025334-3
- (2003) FitzRoy: The Remarkable Story of Darwin's Captain and the Invention of the Weather Forecast, Yale University Press ISBN 0-300-10361-1
- (2005) Annus Mirabilis: 1905, Albert Einstein, and the Theory of Relativity, (medeskrywer Mary Gribbin) Chamberlain Bros. ISBN 1-59609-144-4 (sluit DVD in)
- (2009) He Knew He Was Right: The Irrepressible Life of James Lovelock en Gaia (medeskrywers Mary Gribbin), Allen Lane. ISBN 978-1-84614-016-7
- (2013) Erwin Schrödinger and the Quantum Revolution, Wiley, ISBN 1-1182-9926-4
Verwysings
- "Dr John Gribbin's Biography". Debrett's People of Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2014. Besoek op 4 September 2013.
- "A change in the weather by Gary Turbak" The Rotarian magazine, Aug 1980, bl.17
- Profile of John Gribbin at David Higham Geargiveer 4 November 2011 op Wayback Machine
- "Profiel van John Gribbin by 'n Gewilde Wetenskapblad (hou nie verband met die tydskrif nie)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 30 Junie 2018.
- Mitton, Simon (2011). Fred Hoyle: A life in science. Cambridge, UK: Cambridge University Press. p. 268. ISBN 978-0-521-18947-7.
- Kruszelnicki, Karl S. "Planetêre Belyning – Deel 2". Dr Karl (in Engels). Australiese Uitsaaikorporasie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2008. Besoek op 9 Mei 2008.
- Gedney, Larry (8 Februarie 1982). "Die Jupiter Effek: Artikel #526". Alaska Science Forum (in Engels). University of Alaska Fairbanks Geophysical Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2012. Besoek op 9 Mei 2008.
- Gribbin, John (1999). The Little Book of Science. New York: Barnes & Noble Books. p. 39. ISBN 0-7607-1687-0.
- Kurutz, Steven (3 Desember 2009). "How to Boost Book Sales? For "Get a Grip on Physics," Tiger Woods' Crash Helped". The Wall Street Journal Speakeasy Blog. New York, NY: Dow Jones & Company, Inc. Besoek op 25 Desember 2011.
- Macfarlane, Robert (28 September 2002). "Quod erat demonstrandum: Science: a history, 1543–2001, by John Gribbin". Spectator Book Club, book reviews (in Engels). The Spectator. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2010. Besoek op 30 Desember 2011.
- Kenyon, Georgina (25 Augustus 2002). "Firing interest in maths lessons". BBC News World Edition, UK: Education (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 30 Desember 2011.
- Parris, Matthew (26 Desember 2006). "Albert Einstein". Great Lives. BBC Radio 4. Besoek op 26 Desember 2011. In die BBC radio 4 uitsending verwys Parris na Gribbin as hul "deskundige getuie". Dit is nie gedoen om die indrukwekkende prestasies van Kathy Sykes te ondermyn nie.
- "Winners - ABSW Awards - Association of British Science Writers (ABSW)". Association of British Science Writers (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 30 Junie 2018.
- Rowan-Robinson, Michael (Junie 2007). "Life, the universe and everything". Physics World. Institute of Physics Publishing: 46–47. Besoek op 23 Desember 2011.
- Garmey, Jane (10 Mei 2008). "The Age of Botanical Exploration: Flower Hunters by Mary and John Gribbin". Books, Wall Street Journal, page W8. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 29 Desember 2011.
- Dartnell, Lewis; Darracott-Cankovic, Chloe (12 Mei 2011). "The Reason Why: The miracle of life on earth". The Times Higher Education. TSL Education Ltd. Besoek op 30 Desember 2011.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met John Gribbin. |
- John Gribbin se amptelike blad
- John Gribbin amptelike webblad (geargiveer in 2012)
- John Gribbin se ou tuisblad by Sussex-universiteit
- John Gribbin: Penguin VK outeurprofiel
- Vlugtige onderhoud by American Scientist tydskrif, 2005
- Lys van publikasies
- John Gribbin insetsel by Ensiklopedie van literatuur en wetenskap
- John Gribbin by Kirkus Reviews