John Gainsford

John Leslie Gainsford (1938–2015) was 'n Springbokrugbyspeler.

John Gainsford Rugbyportaal
Volle naam John Leslie Gainsford
Geboortedatum (1938-08-04)4 Augustus 1938
Geboorteplek Germiston, Suid-Afrika
Sterftedatum 18 November 2015 (op 77)
Sterfteplek Kaapstad
Skool Hoërskool Lansdowne (nou Hoërskool Windsor)
Beroep Uitvoerdirekteur
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Senter
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Villagers, Beaufort-Wes
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Westelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1960–1967 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 33

Rugbyloopbaan

John speel vir Villagers se onder-19A span in 1956 en 1957. In 1958 speel hy vir die Westelike Provinsie. In 1959 word hy gekies vir die Junior Bokke se toer na Argentinië en in 1960 speel hy in sy eerste toets teen Skotland in Suid-Afrika. Hy speel ook die jaar in die toetse teen die All Blacks. Hy gaan ook saam op die suksesvolle 1960/61-toer na die Britse Eilande. In 1962 speel hy ook teen die Britse en Ierse Leeus en in 1963 teen die Wallabies. Hy speel ook teen die besoekende Walliese en Franse spanne van 1964 en gaan op die rampspoedige 1965-toere na Skotland, Ierland en Australasië. Gainsford speel sy laaste toets in 1967 teen die besoekende Franse. Hy het na sy uittrede by die WP se bestuur betrokke geraak.

Hy het agt toets drieë gedruk en het die rekord van 33 toetse tydens sy uittrede gehou. Sy bibliografie is getiteld, Nice guys come second.

Hy is op 18 November 2015 in Kaapstad aan kanker oorlede.[1]

Bron

  • 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9

Verwysings

  1. "Former Springbok great John Gainsford dies" (in Engels). Sport24. 18 November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2018. Besoek op 18 November 2015.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.