John Fraser
Sir John Georgie Fraser (17 Desember 1840 - 22 Junie 1927) was 'n Suid-Afrikaanse staatsman. Hy is op Beaufort-Wes gebore. Sy pa was ds. Colin Fraser en hy was die oom van mev. Rachel Isabella Steyn, die eggenote van president M.T. Steyn. Hy het sy opleiding ontvang in Skotland en keer in 1861 terug na die Vrystaat. Hy veg teen die Basoeto's en word aangestel as sekretaris vir president Jan Brand.
John Fraser | |
---|---|
Gebore | John Georgie Fraser 17 Desember 1840 |
Sterf | 22 Junie 1927 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Bekend vir | Staatsman |
Titel | Sir |
Eggenoot | Dorothea Ortlepp |
Kinders | 11 |
Ouer(s) | Colin Fraser Maria Elisabeth Sieberhagen |
Daarna word hy griffier van die Vrystaatse Hoƫrhof, sekretaris van die Volksraad en Meester van die Weeskamer. Hy tree in 1877 uit die diens van die Republiek en word 'n Volksraadlid vir Bloemfontein, 'n posisie wat hy vir 19 jaar lank beklee. Hy staan in 1896 vir President maar was onsuksesvol. Na die Tweede Vryheidsoorlog word hy in 1902 aangestel op die Oranjerivierkolonie se Wetgewende Raad en later op die Tussenkoloniale Raad. Hy word verkies tot parlement en word leier van die Opposisie. Met Uniewording word hy 'n Senator (1910-20)
Bron
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal, 1967
- Die Groot Afrikaanse Familienaamboek. Kaapstad, Human & Rousseau