John Campbell

John Campbell (1766 – 1840) was 'n dominee, sendeling, reisiger en direkteur van die Londense Sendinggenootskap. Hy is in Skotland gebore. In 1812 inspekteer hy hul plaaslike poste aan die Kaapkolonie en het twee jaar lank rondgereis. Hy het reisverhale die lig laat sien waaronder ook beskrywings van Betsjoeanaland wat in 1822 gepubliseer is. Die dorpie Campbell is na hom genoem.

John Campbell
GeboreMaart 1766
Sterf4 April 1840 (op 74)
Kingsland, Londen, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepSendeling, reisiger en direkteur van die Londense Sendinggenootskap

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.