Johan Cruijff Schaal
Die Johan Cruijff Schaal is 'n Nederlandse sokkertrofee wat na die legendariese sokkerspeler Johan Cruijff genoem is. Die wenner word met 'n enkele wedstryd beslis, wat tussen die wenners van die Eredivisie en KNVB-beker uitgespook word. Die wedstryd vind tradisioneel in Augustus plaas, een week voor die Eredivisie begin, om die sokkerseisoen te open.
Johan Cruijff Schaal | |
2024 Johan Cruijff Schaal | |
Die trofee waarom meegeding word | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 1949 |
Eienaar | KNVB |
Inwydingseisoen | 1949 |
Deelnemende lande | Nederland |
Aantal spanne | 2 |
Mees onlangse kampioen | PSV Eindhoven (2023) |
Verwante kompetisies | Eredivisie KNVB-beker |
Slegs enkele Nederlandse sokkerklubs kon in die verlede die gesogte beker wen. Die huidige kampioen is PSV Eindhoven wat in 2023 die titel ingepalm het.
Wenners
Kere gewen | Klub | In jaar |
---|---|---|
13 | PSV | 1992, 1996, 1997, 1998, 2000, 2001, 2003, 2008, 2012, 2015, 2016, 2021, 2022 |
9 | AFC Ajax | 1993, 1994, 1995, 2002, 2005, 2006, 2007, 2013, 2019 |
4 | Feyenoord | 1991, 1999, 2017, 2018 |
2 | FC Twente | 2010, 2011 |
1 | FC Utrecht | 2004 |
1 | AZ | 2009 |
1 | SVV | 1949 |
1 | PEC Zwolle | 2014 |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Johan Cruijff Schaal.
- (nl) Amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.