Joeri Loezjkof

Joeri Michailowitsj Loezjkof (Russies: Ю́рий Миха́йлович Лужко́в; geb. 21 September 1936 – 10 Desember 2019)[1][2] was 'n Russiese politikus en van 1992 tot 2010 die burgemeester van Moskou. Hy was ook die ondervoorsitter en 'n medestigter van die politieke party Verenigde Rusland.

Joeri Loezjkof
Юрий Лужков
Joeri Loezjkof
Joeri Loezjkof in 2010

2de Burgemeester van Moskou
Ampstermyn
6 Junie 1992  28 September 2010
Voorafgegaan deur Gawriil Popof
Opgevolg deur Wladimir Resin (waarnemend)
Sergey Sobyanin

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 September 1936 (1936-09-21)
Moskou, Russiese SFSR, Sowjetunie (tans Rusland)
Sterf 10 Desember 2019 (op 83)
Politieke party KPvdS (1968–1991)
Vaderland (1998–2001)
Verenigde Rusland (2001–2010)
Eggenoot/-note Marina Basjilowa (1958–1989)
Jelena Baturina (1991–hede)
Kind(ers) 4
Alma mater Gubkin Moskou Petro & Gas Industrieinstituut
Religie Russies-Ortodokse Kerk
Handtekening
Toekennings

Terwyl Loezjkof burgemeester was, het Moskou se ekonomie verbeter en het hy groot bouprojekte in die stad aangepak. Hy is terselfdertyd beskuldig van korrupsie, die sloping van historiese geboue, die swak hantering van verkeersprobleme en die rookkrisis in die stad tydens die groot veldbrande in Rusland in 2010.[3] Hy is op 28 September 2010 deur pres. Dmitri Medwedef uit sy amp ontslaan nadat hy Medewedef na bewering in ’n snydende brief beledig het.[4]

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.