Joeri II van Wladimir
Joeri II (Russies: Юрий II; 1189 – 4 Maart 1238) was grootprins van Wladimir (1212–1216, 1218–1238) in die tyd van die Mongoolse inval.
Joeri II | |
---|---|
Grootprins van Wladimir | |
Die vlug van Joeri II van Wladimir | |
Periode | 1212–1216 1218–1238 |
Voorganger | Wsewolod die Groot Nes Konstantyn |
Opvolger | Konstantyn Jaroslaf II |
Huis | Rjoerik |
Vader | Wsewolod die Groot Nes |
Moeder | Maria Sjwarnowna |
Gebore | 1189 |
Oorlede | 4 Maart 1238 |
Hy was die derde en mees geliefde seun van Wsewolod die Groot Nes en Maria Sjwarnowna. Hy het in 1208 die eerste keer roem behaal tydens die gevegte teen Rjazan. Sy pa wou hê Joeri moes Rostof erf en sy ouer broer Konstantyn Wladimir. Laasgenoemde het egter verklaar hy sou óf oor albei stede óf oor niks regeer. Daarna het Wsewolod Konstantyn onterf en die troon aan Joeri nagelaat.
Ná Wsewolod se dood het Konstantyn vir Joeri en sy broers verslaan en Wladimir oorgeneem. Hy het Joeri gestuur om oor Rostof en Jaroslawl te regeer. Twee jaar later is Konstantyn dood en het Joeri na Wladimir teruggekeer. Tydens sy bewind het Joeri verskeie oorloë teen die Wolga-Bulgare gevoer en het hy die fort Nizjni Nowgorod aan die Wolga gebou om die land te beskerm teen aanvalle deur die Bulgare. Hy het sy jonger broer Jaroslaf oor Nowgorod laat regeer.
Toe die Mongole Wladimir in 1237 aanval, is Joeri se seuns naby Kolomna verslaan. Joeri self het net-net na Jaroslawl ontsnap. Sy vrou en hele gesin is in Wladimir dood toe die kerk waar hulle geskuil het, ineengestort het. Joeri is self op 4 Maart 1238 dood toe groot Mongoolse magte die leër van Wladimir-Soezdal verslaan het.
Eksterne skakels
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia