Joekos

Joekos (Russies: Ю́КОС) was ’n oliemaatskappy in Rusland wat tot in 2003 beheer is deur die Russiese oligarg Michail Chodorkofski en ’n paar ander vooraanstaande sakelui. Nadat Joekos op 1 Augustus 2006 bankrot verklaar is,[1] is Chodorkofski aan bedrog skuldig bevind en gevangenisstraf opgelê.

Joekos
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 15 April 1993
Hoofkantoor Moskou, Rusland
SleutelpersoneSteven M. Theede (hoof uitvoerende beampte en voorsitter van die Raad)
Michail Chodorkofski
IndustrieRu-Olie- en gas-eksplorasie, ru-olie- en gas-produksie
Ontbind1 Augustus 2006

Die meeste van Joekos se bates is teen lae pryse verkoop aan oliemaatskappye onder beheer van die staat.[2]

Verwysings

  1. "Yukos Creditors Told Russian Oil Company Is Doomed". Bloomberg. 25 Julie 2006. Besoek op 31 Augustus 2008.
  2. "Russian state oil company wins another Yukos auction". New York Times (in Engels). 8 Augustus 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.