Jessye Mae Norman
Jessye Mae Norman (15 September 1945 – 30 September 2019) was 'n Amerikaanse sopraan. Sy is in Augusta, Georgia, gebore. Haar vader, Silas, was 'n versekeringsmakelaar en haar moeder, Janie, 'n amateurpianis. Ná skool het sy musiek aan die Howard-Universiteit asook die Universiteit van Michigan gestudeer. Haar loopbaan het begin toe sy in 1968 die internasionale operakompetisie in München gewen het. Sy het tydens die Olimpiese Somerspele 1996 se openingseremonie in Atlanta opgetree.
Jessye Mae Norman | |
---|---|
![]() Jessye Mae Norman in 2014 | |
Gebore | Augusta, Georgia | 15 September 1945
Sterf | 30 September 2019 (op 74) |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Sopraan |
Ouer(s) | Silas Norman en Janie King-Norman |
Norman is in New York oorlede. Sy word oorleef deur haar broer James Norman en suster Elaine Sturkey.
Bron
- Haar groot, ryk stem was soos 'n Cadillac V8, Rapport 6 Oktober 2019
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jessye Mae Norman.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.