Jerigo

Jerigo of Jericho (Arabies: أريحا, Arīḥā, [ʔaˈriːħaː], ; Hebreeus: יְרִיחוֹ‬, Jərīḥō, ) is 'n stad in die oostelike Wesoewer van die Palestynse Grondgebiede, 7 km wes van Jordanië en 10 km noord van die Dooie See met 'n bevolking van 20 300. Die stad is in die Jordaanvallei geleë en is met 250 m onder seevlak die laagste stad wêreldwyd. Jerigo is veral bekend as oudste voortdurend bewoonde stad ter wêreldwyd. Volgens argeologiese bevindings is Jerigo verskeie kere laat verval en na lang onderbrekings herbou.

Hierdie artikel handel oor die Palestynse stad. Vir die gelyknamige Suid-Afrikaanse dorp, sien Jericho, Noordwes.
Jerigo

أريحا
יְרִיחוֹ
'n Uitsig oor Jerigo
'n Uitsig oor Jerigo
Jerigo is in die Palestynse grondgebiede
Jerigo
Jerigo
Koördinate: 31°52′16″N 35°26′39″O
LandVlag van Staat Palestina Palestynse Owerheid
GebiedWesoewer
GoewermentJerigo
Stigting9000 v.C.
Regering
  BurgemeesterHassan Saleh
Oppervlak
  Totaal58,701 km2 (22,665 vk. myl)
Hoogte
−258 m (−846 ft)
Bevolking
  Totaal20 300
Webwerfjericho-city.ps

Na Jerigo word in die Hebreeuse Bybel verwys as "stad van palmbome". Die stad is ook bekend vir die tromboon van Jerigo, wat tydens die Bybelse beleg van die stad aangewend is om die stadsmuur te vernietig.

Geskiedenis

Vir meer as 11 000 jaar het drie afsonderlike nedersettings op of naby die terrein van die huidige Jerigo bestaan. Dit was waarskynlik 'n wenslike ligging as gevolg van voorrade van drinkwater van 'n vleiland-oase en die gerieflike ligging op 'n oos-wes roete noord van die Dooie See.

Die eerste argeologiese opgrawings van die terrein is deur Charles Warren in 1868 gemaak. Ernst Sellin en Carl Watzinger het tussen 1907 en 1909 en in 1911 by Tell es-Sultan en Tulul Abu el-'Alayiq opgegrawe. John Garstang het tussen 1930 en 1936 opgrawings gemaak. Navorsing met meer moderne tegnieke is tussen 1952 en 1958 deur Kathleen Kenyon gedoen.

Voorgeskiedenis

Die vroegste nedersetting was by die huidige Tell es-Sultan (of Tell Sultan), 'n paar kilometer van die huidige stad af. Die Arabiese tell beteken heuwel–opeenvolgende lae bewoonde grond wat oor tyd bo-op mekaar gebou is op 'n heuwel, soos in baie nedersettings in die Midde-Ooste en Klein-Asië gebeur het. Die Neolitiese nedersettings het gelyktydig met Çatal Hüyük bestaan ​​en was op 'n soortgelyke tegnologiese vlak.

Tulul Abu el-Alayiq

Hierdie latere nedersetting het regdeur die Hellenistiese, Bisantynse, Nuwe-Testamentiese en Islamitiese eras bestaan, waarvan die heuwels by Tulul Abu el-'Alayiq, twee kilometer wes van die hedendaagse er-Riha, oorgebly het.Die Hasmoneërs en die Herodiane het hul winterpaleise hier gehad. Onder die Umayyads Moslems is die Paleis van Hisham naby Jerigo gebou.

Bisantynse sinagoge

In 1936 is 'n sinagoge uit die Bisantynse tydperk opgegrawe en is tussen die 5de en 8ste eeue nC gedateer. Hierdie sinagoge is Shalom Al Israel genoem, vernoem na 'n Hebreeuse inskripsie op een van die mosaïeke wat in die sinagoge gevind is.

Op 12 Oktober 2000 is die sinagoge deur Palestyne aangeval en aan die brand gesteek. Die Torah-rolle kon skaars gered word.

Na 1948

In 1948 is die stad deur Jordanië beset. Tydens die Sesdaagse Oorlog in 1967 is die stad deur Israel ingeneem. Dit was die eerste stad wat Israel in 1994 onder die Oslo-ooreenkomste aan die Palestynse Owerheid oorhandig het.

Jerigo in die Bybel

Volgens die Boek van Josua in die Hebreeuse Bybel was Jerigo die eerste stad in die Beloofde Land wat die Israeliete verower het na hul uittog uit Egipte en rondswerf in die woestyn. Dit het wonderbaarlik gebeur. Alle weerbare mans het ses dae lank stil om die mure van die stad gemarsjeer, gevolg deur priesters wat die Verbondsark gedra het en sewe priesters met ramshorings.

Op die sewende dag loop hulle sewe maal om die stad ; toe het die priesters weer op die ramshorings geblaas, en die hele volk het terselfdertyd geskreeu. Die mure het ineengestort en die beleërs het die stad sonder moeite binnegegaan, waarna hulle al die inwoners doodgemaak het (Josua 6:1-21). Toe het Josua en die volk die man vervloek wat Jerigo sou herbou: hy sou die fondament daarvan lê ten koste van sy eersgebore seun en sy poorte oprig ten koste van sy jongste seun (Josua 6:26). Volgens ’n latere weergawe het dit werklik gebeur (1 Konings 16:34 ).

Jerigo kom ook in die Nuwe Testament voor. Toe Jesus (in 30 of 33 nC) saam met sy dissipels en ondersteuners op pad was na Jerusalem waar Hy gekruisig sou word, het Hy deur Jerigo gegaan. Net voor die stad het hy die blinde Bartimeus genees, in die stad self het hy die korrupte tollenaar Saggeus bekeer en die gelykenis van die talente vertel.[1][2][3][4][5][6]

Verwysings

  1. Jürgen Bischoff: Das älteste Dorf der Welt. In: GEO Heft 1/2008 S. 164.
  2. Hendrik J. Bruins and Johannes Van der Plicht (1995). Tell Es-Sultan (Jericho): Radiocarbon results of short-lived cereal and multiyear charcoal samples from the end of the middle bronze age (in Engels).
  3. B. G. Wood (1990). Did the Israelites Conquer Jericho? A New Look at the Archaeological Evidence.
  4. B. G. Wood (1990). Did the Israelites Conquer Jericho? A New Look at the Archaeological Evidence.
  5. Jericho Cablecar
  6. 10.000. Geburtstag ohne Gäste. In: n-tv, 24. Oktober 2010.

Verdere Leesstof

  • City of Stone: The Hidden History of Jerusalem|autor=Benvenisti, Meron|editora=University of California Press|ano=1998
  • The International Standard Bible Encyclopedia: E-J|autor = Bromiley, Geoffrey W |editora=Wm. B. Eerdmans Publishing|ano=1995}}
  • The Shengold Jewish Encyclopedia|autor = Schreiber, Mordecai; Schiff, Alvin I. e Klenicki, Leon|editora=Schreiber Pub.|ano=2003
  • Eerdmans Dictionary of the Bible|autor=Freedman, David Noel; Myers, Allen C. e Beck, Astrid B.|editora=Wm. B. Eerdmans Publishing|ano=2000
  • Digging Up Jericho | autor=Kathleen, Kenyon| ano = 1957 }}
  • Finkelstein, Israel; Silberman, Neil Asher | título = The Bible Unearthed | editora = Touchstone | ano = 2002 | isbn = 0-684-86913-6
  • Ancient Cities: The Archaeology of Urban Life in the Ancient Near East and Egypt, Greece and Rome. | autor = Gates, Charles | ano = 2003

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.