Jati

’n Jati (Devanagari: जाति, Bengaals: জাতি, Telugu:జాతి, Kannada:ಜಾತಿ, Malayalam: ജാതി, Tamil:ஜாதி, letterlik "geboorte") is ’n groep clans, stamme, gemeenskappe of subgemeenskappe in Indië. Elke jati word gewoonlik verbind met ’n sekere beroep, stam, godsdiens of taal. Onder die Moslems is die soortgelyke kategorie Qom of Biradri.

’n Persoon se van kan ’n aanduiding van die aard van die gemeenskap of jati wees: Gandhi = parfuumverkoper, Dhobi = wasserman, Srivastava = militêre skriba, ens. Op enige plek in Indië kan 500 of meer jati's saam bestaan.

Sien ook

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.